Leesvordering:

Baba-Tippie is hier!

Okt 19, 2023

Die heel oulikste boeke op jou boekrak!

Ons Tippie-lesers raak al hoe jonger! Babas en kleuters is net so mal oor ons geliefde olifantjie, daarom het ons besluit om kartonboekies spesiaal vir klein vingertjies te skep.
 
Hierdie reeks is vol kleurryke illustrasies, snaakse karakters en stories wat beide kleuters en ouers sal laat giggel van plesier. Die reeks is in Afrikaans en Engels geskryf en spreek al die dinge aan wat vir babas en kleuters belangrik is – troeteldiere, kleure, teenoorgesteldes, syfers en klanke. Dis ‘n ideale manier om jou kleuter op ‘n prettige én snaakse manier te leer.  

Hoekom is kartonboeke belangrik vir vroeëkindontwikkeling?

🐘 Die meeste kartonboeke fokus op ‘n spesifieke konsep soos kleure of vorms.

​🐘 Dit verduidelik sleutelkonsepte vir jong kinders, wat verder help om hul begrip van die wêreld te ontwikkel.

🐘 Kartonboeke laat babas en kleuters toe om letters, syfers, kleure, vorms en meer te herken, wat help om hierdie spesifieke vaardighede te ontwikkel.

  Wat gaan Tippie vir jou kleinding leer?

 In Tippie se eerste boek oor troeteldiere is Tippie op soek na die perfekte troeteldier. Tippie kan kies uit ʼn paar vreemde diere – van ovaalponie wat lief is vir macaroni tot ʼn marmot met ʼn pruik! Tippie en hierdie snaakse diere sal jou kleinding laat skaterlag terwyl hulle leer oor verskillende tipes troeteldiere. Nou te koop

Tippie se eerste boek oor kleure handel nie nét oor kleure nie, maar ook oor emosies! Elke bladsy is vol helder kleure en basiese emosies, bekend aan kleuters. Kleintjies sal leer om kleure soos rooi, groen, geel, blou en meer, en sal ook emosies beter kan verstaan en identifiseer. Nou te koop

In Tippie se eerste boek oor teenoorgesteldes is Tippie en Robin vol grappies en doen presies die teenoorgestelde van wat hulle veronderstel is om te doen. Stel jou kleuter bekend aan die basiese konsep van teenoorgesteldes terwyl hulle vermaak word deur Tippie en Robin se pret en plesier. Nou te koop

In Tippie se eerste boek oor syfers hou Tippie en vier van sy maats ʼn pajama-partytjie. Laat jou kleinding lag en leer terwyl hulle die wêreld van die syfers 1-5 verken. Nou te koop

In Tippie se eerste boek oor klanke gaan jou kleuter leer oor verskillende tipes geluide en beslis lekker lag. Oupa wen die prys vir die hardste nies, terwyl Robin giggel omdat Tippie sy onderbroek op sy kop dra. Kan jy raai watter geluid Tippie maak wanneer hy sy sap te vinnig drink? Wie het gedink dat geluide soveel pret kan wees? Nou te koop

Wie het die kartonboekies geskryf?
 

José Palmer en Reinette Lombard het jare se ondervinding in die onderrig van kinders, ook dié met leerprobleme. Hulle het met dr. Nandi Lessing-Venter saamgespan om die kartonboeke vir babas en kleuters te skryf. Nandi is ‘n navorser in die veld van kinderliteratuur, met ‘n besondere belangstelling in die rol van die gebruik van humor om onwillige lesers te motiveer. Die Tippie Eerste boek van-reeks is ‘n praktiese toepassing van haar navorsing, wat daarop gemik is om fundamentele konsepte op ‘n prettige en boeiende manier deur die gebruik van humor te onderrig.

Die tyd het aangebreek, Tippie se bababoekies is hier!
Is jy gereed vir die Tippie-avontuur?

LEES OOK: Onderneming in die Kollig: Curious Readers (Tippie)

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest