Leesvordering:

Bannelinge in ’n vreemde land  

Des 8, 2019

Die Anglo-Boereoorlog het sy letsels op ’n nasie gelos. Terwyl tienduisende vroue en kinders in konsentrasiekampe oor die hele land gestop is, is Boerekrygers op die slagveld afgemaai. Tussen 1900 en 1901 is nagenoeg 6 000 Boeresoldate gevange gehou op ’n verlate eiland; ’n eiland wat beskou word as een van die mees afgeleë plekke in die wêreld.

St. Helena is geleë in die Suid-Atlantiese Oseaan en is nagenoeg 2 000 km vanaf die naaste landmassa. Die eiland beslaan ’n oppervlakte van slegs 122 km2, maar dit is hier waar duisende Boere in gevangenskap aangehou is, terwyl hulle in eensaamheid en bitterheid na hul land en mense gesmag het.

Op 14 April 1900 het die eerste groep van 514 Boerekrygsgevangenes aan boord van die Milwaukee in St. Helena aangeland. Hoewel gemiddeld 6 000 gevangenes daar aangehou is, was daar in ’n stadium toe dit tot barstens toe vol was nagenoeg 9 850 gevangenes in dié kamp aangehou. Die twee kampe op die eiland het bekend gestaan as Broadbottom en Deadwood.

Kampe vir Boerekrygsgevanges is egter nie net op St. Helena opgerig nie. Dit was wel waar die eerste kampe opgerig is. Kampe is later ook in Ceylon, Indië en Bermuda opgerig. Tussen 28 Junie 1901 en 16 Januarie 1902 is ses skeepbesendings met gevangenes na Bermuda gestuur waar nagenoeg 4 600 gevangenes aangehou is. Die eerste groep gevangenes het Ceylon teen 9 Augustus 1900 bereik. Ook hier is uiteindelik nagenoeg 5 000 gevangenes aangehou.

Die lewe in die kampe was moeilik, maar uit die vertellinge van die lewe daar is dit duidelik dat daar soms selfs kans was vir ontspanning. Volgens oorlewering het ywerige krieketspelers onder die gevangenes in die Diyatalawa-kamp in Ceylon hulself in spanne georganiseer en daar is gereeld wedstryde in die kamp tussen die Transvalers en Vrystaters gespeel. Siende dat die plaaslike inwoners van die streek self ook gek na krieket was, was die Boere kort voor lank uitgenooi om teen die sterkste plaaslike klub, die Colombo Colts, te speel.

Intussen het min van die kampe behoue gebly. Tog huisves die Oorlogmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein steeds ’n interessante versameling handwerk wat deur Boerekrygsgevangenes in die kampe in St. Helena gemaak is. Die uitstalling sluit onder meer handgemaakte pype, miniatuurossewaens en kassies in. As jy die eiland self besoek, is daar in die Eiland-museum ook uitstallings oor die lewe van Boeregevangenes hier. Dan is daar ook by die sogenaamde Deadwood Plain ’n boerebegraafplaas;  ’n begraafplaas wat beskryf word as die rusplek van die ongelukkige “exiles” wat nooit na hul vaderland teruggekeer het nie.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest