Leesvordering:

Belastingseisoen 2016 vir individue

Jul 7, 2016

1 Julie 2016 is die aanvang van die 2016-belastingseisoen vir individue.

Gedurende belastingseisoen moet jy jou inkomstebelastingopgawe (ITR12) indien. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal dan die belasting op jou inkomste en die belastingaftrekbare uitgawes vir die jaar van aanslag (1 Maart 2015 – 29 Februarie 2016) aanpas. Dit kan in sommige gevalle tot ʼn terugbetaling aanleiding gee. 

Belastingseisoen duur van Julie tot November elke jaar. Vir voorlopige belastingbetalers wat via eFiling indien, duur dit tot Januarie van die volgende jaar.

Belangrike sperdatums

  • 23 September 2016 – indienings met die hand/via die pos
  • 25 November 2016 – by ‘n SAID-tak (nie-voorlopig)
  • 25 November 2016 – eFiling (nie-voorlopig)
  • 31 Januarie 2017 – voorlopige belastingbetalers via eFiling

Ondersteunende dokumente

Ten einde jou belastingopgawe in te dien, moet jy al jou ondersteunende dokumente bymekaarkry, wat die volgende insluit:

  • IRP5/IT3(a)-sertifikate van jou werkgewer of pensioenfonds.
  • IT3(b)-sertifikate vir beleggingsopgawes.
  • Finansiële state, indien van toepassing, soos byvoorbeeld besigheidsinkomste.
  • Bydraende mediesefondssertifikate en -kwitansies.
  • Aftree-annuïteitfondssertifikate.
  • Sertifikate wat jy ontvang het vir plaaslike rente-inkomste verdien.
  • Logboek en ander dokumente ter ondersteuning van besigheidsreisuitgawes.
  • Voltooide bevestiging van diagnose van gestremdheid-vorm (ITR-DD), indien van toepassing.
  • Enige ander toepaslike inkomste- en aftrekinligting.
  • Bankrekeningbesonderhede.

Topwenk: Selfs al gaan jy die ondersteunende dokumente gebruik om jou opgawe te voltooi, moet jy dit nie aan die SAID stuur nie. Jy moet dit veilig bewaar vir ʼn periode van vyf jaar indien die SAID dit in die toekoms benodig.

Onthou, indien jy jou opgawe by ‘n SAID-tak indien, moet jy alle dokumente wat op jou van toepassing is saamneem, asook oorspronklike bewys van identiteit (ID, tydelike ID, paspoort of bestuurderslisensie).

Topwenk: Gaan jou IRP5 na en kontroleer of alle inligting korrek is voordat jy probeer om die opgawe in te dien. Indien jy enige foute vind wat gekorrigeer moet word, adviseer jou werkgewer om dit reg te stel. Jy sal nie in staat wees om hierdie reeds voltooide velde op die opgawe te verander nie.

Almal hoef nie ‘n inkomstebelastingopgawe in te dien nie  

Jy hoef nie jou opgawe in te dien indien jou totale salaris wat tussen 1 Maart 2015 en 29 Februarie 2016 verdien is vir die 2015/2016-aanslag minder as R350 000 is nie (voor belasting), mits:  

  • Jy slegs een werkgewer het (onthou egter dat indien jy twee werkgewers of inkomstebronne het, soos byvoorbeeld oorlede eggenoot/huweliksmaat se pensioeninkomste, eksamenmerkinkomste, huurinkomste of byverdienste-inkomste, moet jy ‘n opgawe indien selfs al is die totale bedrag minder as R350 000).
  • Jy geen motortoelaag of ander inkomste het nie (soos byvoorbeeld rente of huur).
  • Jy nie belastingverwante aftrekkings eis nie (soos byvoorbeeld mediese uitgawes, aftree-annuïteitbydraes, reisonkostes ensovoorts).
  • Jy rente van ‘n bron in Suid-Afrika verdien het wat nie die volgende oorskry nie –
    • R23 800 indien jy jonger as 65 jaar is;
    • R34 500 indien jy ouer as 65 jaar is.
  •  Dividende aan jou betaal is en jy nie-inwonend was gedurende die 2016-aanslag.

Jy is welkom om die belastingkonsultant Fanus Jonck by tax@jonck.net te kontak indien jy hulp benodig met die indiening van jou inkomstebelastingopgawe.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest