Die Afrikaner staar ’n bestaanskrisis in die gesig, maar volgens Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, is daar ’n beskikbare én werkbare oplossing hiervoor beskikbaar. Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, het in vyf kort onderhoude met Buys gesels oor enkele brandpunte wat die toekoms van die Afrikaner raak. Dié sake word volledig in Buys se nuwe boek Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur uiteengesit. In die onderhoude werp Buys veral lig op die noodsaaklikheid van grondige kennis van die Afrikaner én die Suid-Afrikaanse verlede; die wipplank van die verlede; demografie; demokrasie; en die beskikbare oplossing vir die Afrikaner se bestaanskrisis. (Die pad na selfbestuur deur Kraal Uitgewers is hier beskikbaar teen R300.) Klik hier om dié video’s te kyk.

KYK: Vyf onderhoude met Flip Buys oor toekomsplanne vir die Afrikaner

 

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest