Leesvordering:

Boek van die Week: Kantelpunt; Hipomnemata van ’n konvensionele, middeljarige, wit, Afrikaanse vrou

Okt 12, 2018

Kantelpunt; Hipomnemata van ’n konvensionele, middeljarige wit, Afrikaanse vrou
Sophia Kapp

Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing. Dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar wêreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as ’n gegewe aanvaar het, te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal.

Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees – die een met wie sý in vrede kan saamleef.

Wat maak die boek anders?

  • Kantelpunt is protesfiksie, die protes van ʼn vrou wat haar regte ontneem is deur ʼn patriargale samelewing én dit toegelaat het.
  • Dis nié ’n liefdesroman nie, maar daar is hoop aan teen die einde. Die leser word dus nie in ’n put gelaat nie.
  • Kantelpunt is anders as die skrywer se vorige boeke omdat dit feminisme as tema het.
  • Elke vrou wat al gesukkel het om haar plek te vind, as vrou, as mens, as burger, as ma, as eggenote, en om steeds te hou van wie en wat sy is, sal by Nellie aanklank vind.
  • Hipomnemata in die subtitel is ’n Griekse woord, wat “herinneringe” beteken. Dit was ʼn erkende genre in antieke tye, en het behels dat mense hulle waarnemings, goed wat hulle gelees het, en aanhalings wat vir hulle iets beteken het, in notaboekies neergeskryf het. Hierdie boek is Nellie se hipomnemata.

Kantelpunt is Sophia Kapp eerste roman wat ’n vrou se verhouding met haar omgewing ondersoek, eerder as net haar verhouding met haar geliefde(s).

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest