Aanlynkonserte het ‘n nuwe wêreld vir musiekliefhebbers oopgemaak. Ons almal verlang na ‘n goeie musiekfees of konsert maar in ‘n tyd waar ons gesondheid en welstand eerste moet stel bring aanlynkonserte hoop en vreugde in jou huis in. Aanlynkonserte is ook ‘n goeie manier om kunstenaars te ondersteun wat hul inkomste kwyt is weens die inperking.

Dit is dan ook vir ons baie lekker om aan te kondig dat Danny Smoke se tuiskonsert nou beskikbaar gaan is.

Hiermee die Danny se uitnodiging:

Hey julle!!

Ek nooi jou, jou familie en jou vriende uit om my heel eerste aanlynkonsert saam ń ongelooflike band te geniet.

Dis geskiet op die koudste, mooiste aand langs ń rivier op ń plaas, maar ons is in suits!

As julle lus is vir ‘n groot party, kry asseblief julle kaartjies en maak reg om te dans!!

Beste groete,
Danny Smoke

Jy kan jou kaartjie vir hierdie tuiskonsert vanaf Woensdag, 8 Julie, koop en dit sal tot en met Maandag, 13 Julie, eksklusief op Dapper Media beskikbaar wees waar jy dit enige tyd op enige slimtoestel kan geniet. Kaartjies kos slegs R69, klik hier vir jou kaartjie: https://bit.ly/DannySmokeTK

 

 

 

 

 

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Pin It on Pinterest