Leesvordering:

Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 deur Jackie Grobler

Feb 16, 2022

In Desember 1880, drie jaar ná die Britse anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) in 1877, kom bykans 10 000 Transvaalse burgers op die plaas Paardekraal byeen. Die gewigtige besluit word geneem om die regering van dié Boererepubliek eensydig te herstel. Die Britse owerhede in Pretoria en Londen volhard steeds in hul minagting van die Boere se vryheidstrewe. Wat hierop volg, is drie maande van militêre stryd tussen die grootste koloniale mag van destyds en enkele duisende Boerekrygers. Die verloop en uitkoms is veral vir die Britte onverwags en die deurslaggewende Boereoorwinnings in Natal en die finale slag by Majuba op 27 Februarie 1881 swaai die stryd in die guns van die Transvaalse Boere.

Dié stryd, later bekend as die Eerste Vryheidsoorlog, word in detail uiteengesit in die boek Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 deur dr. Jackie Grobler. Dit is die mees omvangryke bron oor dié oorlog nog en bevat nagenoeg 200 foto’s, kaarte en illustrasies. Die werk maak ’n uiters waardevolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing en is in 2019 met die Protea Boekhuisprys vereer. Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 is steeds beskikbaar by Kraal Uitgewers. Klik hier vir meer inligting.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Hierdie week se kollig is op KuierKos in Nederland. KuierKos is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest