Leesvordering:

Die grootste Suid-Afrikaanse Boeremark in Saskatoon, Saskatchewan, Kanada

Aug 18, 2023

Deur Deirdre Norval

Op Saterdag 29 Julie 2023 is die eerste en grootste Suid-Afrikaanse Boeremark ooit in Saskatoon, Saskatchewan Provinsie, Kanada, gehou.

Die idee vir die mark het gekom van Deirdre Norval wat in 2013 saam met haar gesin na Rosetown, Saskatchewan, geëmigreer het. Sy wou ‘n tipiese Saterdag-basaargevoel vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap in Saskatchewan skep, ons gedeelde erfenis ten toon stel, ‘n bietjie Suid-Afrikaanse kruideniersware, lekkernye en kos verkoop, en ou en nuwe vriende bymekaarbring. Dit was ook ‘n geleentheid om ons kultuur met die breër Kanadese gemeenskap te deel en hulle te bedank dat hulle die Suid-Afrikaanse immigrante so hartlik in Saskatchewan ontvang.

In 2013 was daar baie min Suid-Afrikaanse gesinne op die platteland in Saskatchewan. Nou, net tien jaar later, sal jy sukkel om ‘n dorpie in Saskatchewan op te spoor waar daar nie ‘n paar Suid-Afrikaanse gesinne woon nie.

Ons span, Deirdre Norval, Ilze Major en Nicoline van Aswegen, het die geleentheid in Junie 2022 begin beplan. Hulle het vir ons ‘n Facebook-blad, South African Market SK, geskep om ons erfenis en kultuur te bevorder en om mense opgewonde te laat uitsien na die beplande geleentheid. Ons het 38 toegewyde stalletjie-eienaars (verkopers) gehad, en ons het seker gemaak dat daar geen oorvleueling is nie. Elke enkele item, van koeksisters tot vellies, moes outentiek Suid-Afrikaans vervaardig wees. Ons visie vir die mark was ‘n smaakvolle maar eg Suid-Afrikaanse gevoel.

Aanvanklik het ons so 500 tot 1 000 besoekers verwag, maar op die ou end het 3 000 mense opgedaag! Produkte soos koeksisters, beskuit, wors, biltong en droëwors was binne ‘n uur uitverkoop. Suid-Afrikaners was verheug om hul gunstelinge te vind, en ander was gretig om nuwe smake te ervaar. Om 13:00 het ons ‘n danskompetisie gehou en die video is 17 000 keer gedeel!

Ons het fantastiese terugvoer van die breër Saskatchewan-gemeenskap gekry. Die mark is op CTV, CBC en sosiale media vertoon en het ook verskeie koerante gehaal. Ons het reeds aanbiedings van organisasies wat in die toekoms met ons wil saamwerk. Nou weet ons daar is ‘n groot behoefte dat ons diverse Suid-Afrikaanse kultuur gedeel en gevier moet word. Kanadese hou daarvan om nuwe kulture te leer ken.

Baie mense het vir ons gesê hulle het trane in hul oë gekry toe hulle die mark sien. Hulle is toegevou in ‘n Suid-Afrikaanse atmosfeer. Ons het laag op laag visuele ervarings geskep om mense aan Suid-Afrika en ons gedeelde erfenis te herinner, van die kronkelpad deur die mark (“Market Meander”) en die name van treinstasies op die tafels by die stalletjies tot die snaakse name vir die badkamers. Ons het heeldag net Suid-Afrikaanse musiek gespeel, en ons het ambassadeurs gehad vir wie jy enigiets oor Suid-Afrika kon vra. Ons ondersteuningspanne het ons gehelp het om die opening van die mark seepglad te laat verloop, wat net weer bewys ons Suid-Afrikaners kan self doen. Ons sou dit nie sonder hul insette en ondersteuning kon doen nie.

Mense het van so ver as Quebec en Manitoba gekom om die dag saam met ons te geniet. Dit was ‘n wonderlike viering van ons diversiteit, kultuur en kos, en ons hoop om in 2024 weer so te maak.

Ons moedig alle ander gemeenskappe aan om ook so met iets te begin. Dit is ‘n goeie manier om kontak te maak met mense van dieselfde agtergrond en herkoms en dit help veral nuwe immigrante om by die nuwe land aan te pas.

Hier is ‘n paar statistieke oor wat by die Boeremark verkoop is:

1 600 middagetes

232 dosyn beskuit

100 dosyn koeksisters

120 kg koekies

265 bakkies poeding

145 kg wors

78 kg biltong

50 kg droëwors

35 kg rissiehappies (“chillibites”)

𝗪𝗮𝘁 𝗴𝗲𝗯𝗲𝘂𝗿 𝗻𝗮𝗯𝘆 𝗷𝗼𝘂?

Het jy geweet AfriForum Wêreldwyd bied ’n gratis diens waar jy enige Afrikaanse byeenkomste of feeste op ons platform kan bemark? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za van enige lekker Afrikaanse byeenkoms in die buiteland.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest