Leesvordering:

Die potte het behoorlik geprut by BAK se potjiekoskompetisie

Jul 5, 2023

Die Brisbane Afrikaanse Kerk het op 27 Mei hul jaarlikse potjiekoskompetisie gehou en dit was weereens ’n groot sukses.Daar was altesaam 14 potte wat vanjaar ingeskryf het en daar was ’n groot verskeidenheid – van rafel-vark met roosterkoek, emoe, seekospasta, Kaapse lamskerrie, groenboontjiebredie, geurige beesstert, Japannese katsukerrie en ’n paar heerlike skaapskenkelpotte asook ’n lasagnepot.

Die wenners van BAK se potjiekoskompetisie 2023 is:
In die eerste plek: Nico en Marieta Blignaut met hulle Japannese katsukerrie met ’n gebraaide “pork belly” as hulle bykos.

In die tweede plek: Kobus en Jelene du Plessis met hulle emupotjie wat met stampmielies en ’n heerlike krokodilslaai bedien is.

In die derde plek: Piet-Louw en Zante Strauss met ’n ongelooflike smaaklike lasagnepotjie en roosterkoek.

Ongeveer 180 mense het die dag bygewoon en daar is heerlik saamgekuier. Mense kon van enige pot eet of van ’n paar proe, wat beteken almal het lekker rondgeloop tussen die potte om te loer en te kuier.

BAK bied die potjiekoskompetisie aan omdat daar soveel Suid-Afrikaners in Brisbane en omgewing is wat graag saam met hulle “eie” mense wil kuier of wat net terugverlang na ’n lekker Suid-Afrikaanse kuier met heerlike kos. BAK hou die potjiekoskompetisie en hul ander funksies om na nuwe inwoners uit te reik en om lekker saam met ons lidmate te kuier. Dit is ’n heerlike uitreikaksie en almal is welkom. So word hulle ook aan die Brisbane Afrikaanse Kerk bekendgestel en word uitgenooi om die eredienste by te woon en deel van die familie te word.

Die potjiekoskompetisie is ’n jaarlikse instelling, maar die Brisbane Afrikaanse Kerk bied ook ’n skaapbraai en ’n regte Suid-Afrikaanse basaar, nl. die Lekkerbekbasaar aan. Die kerk se eredienste vind elke Sondag om 08:30 vanuit die Sewendedagse Adventistekerkgebou in Londonstraat 15, Eight Mile Plains plaas. Gaan volg gerus BAK se Facebook-blad of besoek hul webtuiste. Daar word ook uitreikdienste aangebied in Gladstone asook op die Sunshine Coast.

BAK is ’n lid van die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië en bedien die Woord in Afrikaans. Die bediening is in Afrikaans omdat daar ’n groot behoefte by Afrikaanssprekendes bestaan om God in hulle moedertaal te aanbid en te dien. Geestelike groei vind makliker plaas waar jy in jou moedertaal die Woord bestudeer en dit uitleef. So word pastorale versorging en berading ook meer effektief ervaar as jy jou diepste emosies makliker in Afrikaans kan verwoord. Die kerk vervul ’n groot rol as ondersteuningsbasis vir nuwe immigrante wat in Australië aankom met die gepaardgaande aanpassingsprobleme en selfs trauma wat beleef word.

’n Groot dank aan die borge wat die dag moontlik gemaak het: AfriForum Wêreldwyd, The Advice Studio, De Beer Meat Company, dr. Hendrik van Wyk (GP) en Home Loans in Aus.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest