Leesvordering:

Die Standloper Radio 94.7 FM

Mei 23, 2023

Die Strandloper Radio is ’n Afrikaanse radioprogram wat vanuit Geelong, Victoria in Australië op die senders van die gemeenskapsradiostasie 94.7 The Pulse uitsaai. Die Strandloper is in 2009 gestig. Een van ons hoogtepunte die afgelope jaar was dat ons ’n bykomende uur toegestaan is en nou elke week ’n twee uur lange program uitsaai – eg Afrikaans!

Ons is deel van die gemeenskapstasie 94.7 The pulse se etnieseprogramskedule elke Woensdag van 20:00 tot 22:00 (Australiese oostelike standaardtyd). Ons speel die nuutste en ook ouer Afrikaanse musiek en gesels van tyd tot tyd met kunstenaars oor hul musiek en nuwe vrystellings. Ons program is propvol  interessante feite en ons bemark ’n verskeidenheid van aktiwiteite sowel plaaslik as in Suid Afrika. Ons bemark gemeenskapsaktiwiteite van oraloor, as jul dit met ons wil deel. Stuur gerus vir ons ’n e-pos of ’n boodskap sodat ons dit met ons luisteraars kan deel. Ons besonderhede verskyn onderaan hierdie artikel.

In ons tuinbou-insetsel genaamd Die tuindwerg met sy groen voete gesels ons weekliks oor alles wat in jou tuin aangaan. Indien jy wil saamgesels, is jy ook baie welkom om vir ons jou vraag per e-pos of boodskap te stuur.

Ons het twee mediaborge, naamlik AfriForum Wêreldwyd en Maroela Media. Ons het ook ’n verskeidenheid van musiekborge wat by die program betrokke is, soos Starburstmusic, Vonk Musiek, Tania Fourie Promosies en ’n verskeidenheid van kunstenaars wat direk met ons skakel. Ons ontvang graag nuwe en opkomende kunstenaars se musiek.

Ons is tans besig om na Liz Meiring se boekvoorlesing te luister wat sy self geskryf het. Daar is ook ons radiodrama “Operasie Umbra” uit die pen van Joe Kleinhans, wat deur Bettie Kemp in samewerking met Maroela Media vervaardig is.

Ons gesels ook elke tweede week met Alta Reyneke in Groblersdal oor interessante inligting, lewensfeite en waarhede, asook oor lande waarin sy gewoon en waarheen sy gereis het. Sy is ook binnekort op pad na Ethiopië, waar sy en haar man ’n plaas gaan bestuur. Haar man is reeds daar en sy kan nie wag om by hom aan te sluit nie.

Indien jy met ons wil gesels, kan jy ons direk in die ateljee by +61352225947 skakel.

WhatsApp: +61423844008
Facebook-blad: https://www.facebook.com/947strandloper/
Webtuiste: www.947thepulse.com
TuneIn-toep: http://tun.in/seUCT

Gaan laai die Community Radio Plus-toep van jou foon se toepwinkel af.

Indien jy nie regstreeks na ons kan luister nie, kan jy gerus na enige van ons vorige programme gaan luister deur op die “Luister weer”-afdeling in ons programskedule op 947thepulse.com te klik. Daar is tans meer as 70 vorige programme waarna jy kan gaan luister.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Deur Marni Wolmarans Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest