Leesvordering:

Die Tippie-reeks is ’n unieke, kleurvolle lees- en leerreeks

Sep 5, 2022

Die Tippie-reeks is oorspronklik in 2014 gepubliseer as leesboeke met kort, prettige stories oor alledaagse avonture waarmee die lesertjie kan identifiseer.

Die illustrasies op elke bladsy ondersteun die teks. Die progressiewe leesreeks met ’n spesifieke klankfokus in elke boekie wat in ’n spesifieke kleur aangedui word, het ten doel om die proses van leer lees so maklik en prettig moontlik te maak en selfvertroue te bou terwyl die kind aan nuwe kontekstuele woordeskat bekend gestel word. Elke boekie bevat ’n aantal aktiwiteite waardeur leesbegrip en nuwe woordeskat speel-speel vasgelê word.

Tippie het gegroei en tans is daar die volgende reekse beskikbaar:

1. Leer my lees met Tippie die olifant

  • Vlak R, 1, 2, 3, 4, en 5

2. Tippie doen Wiskunde

  • Vlak R en in Februarie 2023 word Vlak 1 gepubliseer

3. Leer my doen met Tippie die olifant

  • Hierdie reeks fokus op vroeë leergereedheidsvaardighede

4. Tippie leer klanke

  • 26 klankboeke om ’n sintetiese klankbenadering te ondersteun word in Januarie 2023 gepubliseer.

Die Tippie-reeks is gebore uit n ma en dogter se passie vir die onderwys

José Palmer en Reinette Lombard het gesamentlik 48 jaar onderwyservaring en weet hoe beter ’n kind se leesvaardigheid is, hoe makliker en doeltreffender is die leerproses. Met José se jeugdroom om boekies vir kinders te skryf en Reinette se behoefte aan leesboekies om in haar remediërende praktyk te gebruik, het Tippie die lig gesien en heel gou het ma en dogter besef dat kinders wat sukkel om te leer lees, vinnig en maklik saam met Tippie leer lees en sommer gou met groter selfvertroue en begrip een na die ander boekie lees en spoedig vorder na die volgende leesvlak.

José Palmer en Reinette Lombard het gesamentlik 48 jaar onderwyservaring

Tippie die karakter

Tippie is ’n karakter waarmee elke kind identifiseer. Die ma-en-dogter-span wou ’n karakter hê waarmee elke kind, ongeag van ras, kultuur en taal kon identifiseer. Zinelda MacDonald Meiring het na aanleiding van die teks vir Tippie geskep en Zinelda se illustrasies is ’n ongelooflike groot deel van Tippie se sukses.

Die belangrikheid van moedertaalonderrig en veeltaligheid

Tippie is trots veeltalig. Al die Tippie-titels is reeds beskikbaar in Afrikaans en Engels. Tippie het ook 50 Xhosa-titels: Funda ukufunda Inqanaba R, 1, 2, 3 and 4 en Izinga R is ook reeds beskikbaar in Zoeloe. Izinga 1 sal in Maart 2023 beskikbaar wees en dan sal daar jaarliks ’n nuwe Zoeloe-reeks bygevoeg word.

Kinders leer optimaal wanneer hulle leer om te lees en te leer in die taal waarin hulle praat, dink en bid. Moedertaalonderrig is ongelooflik belangrik in veral die grondslagfase omdat dit kinders se hartstaal is en hulle baie beter met die taal kan identifiseer.

Daar is ongelooflike interessante navorsing oor die neurologiese ontwikkeling van nuwe sinapse wanneer kinders veeltalig leer en lees. Die waarde en impak van veeltaligheid is eindeloos en die voordele daarvan is lewenslank.

Leer my doen-reeks

Ons glo dat elke kind kan leer ongeag hul sterk- en swakpunte. Daar is nie ’n reg of verkeerd nie, bloot net ’n anders. Tippie doen dinge anders. Tippie “programmeer” kinders vir sukses, deur altyd die boustene en fondasies volgens ontwikkelingsmylpale en ouderdomgepaste inhoud vas te lê.

Leer my doen leer kinders speel-speel leer. Hierdie reeks bevat ’n aantal praktiese aktiwiteite vir kinders om vroeë leergereedsheidsvaardighede in te oefen. Hierdie prettige, interaktiewe reeks ontwikkel verskeie vaardighede deur te teken, inkleur, knip en plak.

Die reeks is ontwikkel in samewerking met spraak- en arbeidsterapeut en fokus op fyn motoriese, taal-, konseptuele en perseptuele vaardighede. Hierdie vaardighede is nodig vir latere akademiese leer en ontwikkeling.

Tippie doen wiskunde-reeks

Leesvaardigheid en wiskunde loop hand aan hand. ’n Kind wat nie kan lees nie, kan nie wiskunde doen nie.

Kinders wat op ’n jong ouderdom ruimtelike bewustheid het; patrone, groottes, hoeveelhede, gewig, vorms, ens. herken; sake kan deurdink; kan redeneer; en oplossings soek het reeds die boustene vir basiese wiskundebeginsels bemeester.

Tippie doen wiskunde fokus op bogenoemde boustene en gee aan jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippie-temas.

Getalbegrip, optel en aftrek, meting, datahantering, tyd en geld asook storiesomme vorm verder deel van hierdie unieke benadering waar die konsepte spelenderwys aangeleer word met behulp van alledaagse gebeure om ons.

Deur te plak, in te kleur, prentjies te tel en te teken, na opdragte te luister en dit uit te voer, word al die basiese wiskundige beginsels aangeleer en die kind bemeester deur herhaling al die vaardighede.

Tippie doen wiskunde breek die aanleer van vaardighede in kleiner eenhede op en bou progressief op nuwe kennis.

Hoe prettiger die aktiwiteite, hoe makliker om wiskunde te leer!

Tippie was verlede jaar onder die Afrikaanse topverkopers

Om onder die Afrikaanse topverkopers te wees, beteken dat kinders lees en kinders wat lees, is kinders wat kan leer. Tippie is trots Suid-Afrikaans en kinders kan met Tippie se avonture identifiseer.

“Ons is dankbaar dat ons deur middel van die Tippie-reeks ons passie vir die onderwys op hierdie wyse kan voortsit en soveel meer kinders kan bereik en ’n verskil in elkeen se lewe kan maak.”

Reinette Lombard

Gratis aktiwiteite

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest