Leesvordering:

Die Verenigde Koninkryk as onderwysbestemming vir Suid-Afrikaners

Jun 30, 2021

Baie jong Suid-Afrikaners kies die Verenigde Koninkryk as ’n oorsese onderwysbestemming. Hierdie keuse is nie vreemd nie, aangesien die Verenigde Koninkryk deurgaans hoog aangeslaan word in studies oor die beste onderwysinstellings. Daar word gemeen dat minstens 29 van die top 200 universiteite ter wêreld in die Verenigde Koninkryk is. Daarbenewens het alle universiteitsdorpe in die Verenigde Koninkryk goed ontwikkelde infrastruktuur en vervoer, wat dit relatief maklik en goedkoop maak vir studente om na en van bekostigbare behuising te pendel.

Suid-Afrikaners vind die Verenigde Koninkryk veral aantreklik omdat daar geen taalhindernis is om te oorkom nie. Die Verenigde Koninkryk het ook ’n ryk kultuurerfenis en liefde vir sport waarmee Suid-Afrikaners goed kan identifiseer.

Breytenbachs is bewus van relatief groot Suid-Afrikaanse studentegemeenskappe in verskillende universiteitstede en -dorpe in die Verenigde Koninkryk. Die nabyheid van mede-Suid-Afrikaners maak die lewe ’n bietjie makliker wanneer die verlange toeslaan.

Immigrasievoordele as jy in die Verenigde Koninkryk studeer

Om ’n graad aan ’n universiteit in die Verenigde Koninkryk te verwerf, sal natuurlik jou kanse op indiensneming aansienlik verbeter. Dit is egter nie net die trots en vreugde van ’n graad aan ’n toponderwysinstelling in die Verenigde Koninkryk wat gegradueerdes lok nie, maar ook die vooruitsig op immigrasie. Na afloop van jou studie is dit moontlik om oor te skakel na ’n visum wat studente toelaat om in die Verenigde Koninkryk te woon en werk, byvoorbeeld die visum vir geskoolde werkers (Skilled Worker Visa) of die nuwe aanvangsvisum (Start-up visa).

Nuwe visum vir gegradueerdes (Graduate visa)

Goeie nuus vir buitelandse studente is dat die Verenigde Koninkryk se regering beplan om gedurende die Britse somer van 2021 ’n nuwe visumroete vir oorsese studente in te stel. Dié roete sal oorsese studente toelaat om na afloop van hul studies nog twee jaar in die Verenigde Koninkryk te bly om te werk of werk te soek. Gedurende die twee jaar behoort gegradueerdes ’n pos te vind wat hulle in staat sal stel om aansoek te doen vir ’n meer permanente immigrasievisum. Die visum vir gegradueerdes is dus ’n wonderlike aansporing vir voornemende buitelandse studente, want hulle weet hulle sal die opsie hê om na afloop van hul studies in die Verenigde Koninkryk aan te bly om ’n loopbaan te begin.

Vereistes om te kwalifiseer vir die visum vir gegradueerdes

Gegradueerdes moet ’n geldige Britse studentevisum hê wanneer hulle aansoek doen vir ’n visum vir gegradueerdes. Jy moes ’n graad of ander toelaatbare voorgraadse of nagraadse kwalifikasie by ’n hoëronderwysinstelling in die Verenigde Koninkryk behaal het, en die instelling moet kan bewys dat hy aan die nodige vereistes voldoen.

Die visum vir gegradueerdes is vir twee jaar geldig. Dit sal jou dus in staat stel om na afloop van jou studies nog twee jaar in die Verenigde Koninkryk te bly, of drie jaar as jy ’n doktorale studie voltooi het. Hierdie roete hou baie voordele in. Jy hoef nie ’n werksaanbod te hê om in aanmerking te kom daarvoor nie. Jy kan vir enige werkgewer werk en van werk verwissel. Jy sal dus volkome buigsaamheid hê om jou loopbaan te ontwikkel.

Dit is nie moontlik om die visum te verleng nie en dit lei nie tot verblyfreg in die Verenigde Koninkryk nie. Maar dit bied die geleentheid om oor te skakel na ander werkgebaseerde immigrasieroetes wat tot verblyfreg in die Verenigde Koninkryk lei.

Tien redes waarom internasionale studente die Verenigde Koninkryk verkies

  • Die Verenigde Koninkryk het die eerste plek behaal in ’n studie genaamd The Best Countries for Education. Dit is nie verbasend nie, aangesien die Verenigde Koninkryk die tuiste is van 29 van die top 200 universiteite ter wêreld.
  • Alle universiteitsdorpe en -stede in die Verenigde Koninkryk het ’n goed ontwikkelde vervoerstelsel wat oorsese studente se verblyf vergemaklik en goedkoop maak.
  • Baie internasionale studente kom van lande waar Engels ’n tweede of derde taal is. Taal is dus in die meeste gevalle nie ’n hindernis nie. Vir baie studente uit lande waar Engels nie gepraat word nie, is dit egter juis die rede waarom hulle in die Verenigde Koninkryk wil studeer. Volgens die British Council reis byna 500 000 mense jaarliks na die Verenigde Koninkryk om Engels te leer.
  • Die Verenigde Koninkryk het ’n ryk kultuurerfenis en die meeste buitelandse studente pas maklik aan by die Engelse kultuur.
  • Daar is ’n groot verskeidenheid immigrante van reg oor die wêreld in die Verenigde Koninkryk.
  • Die Verenigde Koninkryk se immigrasiewette laat buitelandse studente toe om te werk terwyl hulle studeer. Binnelandse Sake waak egter baie streng oor studentevisums – dit moet gebruik word om te studeer en studente mag slegs werk om hulle inkomste aan te vul. Praat met jou konsultant en moenie sommer net aanvaar dat jy ’n bepaalde aantal ure mag werk nie; dit word deur jou kursus bepaal.
  • Na afloop van jou studie kan jy oorskakel na ’n visumkategorie wat jou sal toelaat om in die Verenigde Koninkryk te woon en werk, byvoorbeeld die Skilled Worker visa of die nuwe Start-up visa.
  • ’n Graad van ’n instelling in die Verenigde Koninkryk sal jou kanse op indiensneming vergroot.
  • As jy vir ’n nagraadse kwalifikasie wil studeer, kan jou eggenoot of ongetroude metgesel saam met jou na die Verenigde Koninkryk gaan.
  • Daar is geen ouderdomsbeperking op die Britse studentevisum nie. Baie volwasse studente vervul hul drome deur vir ’n nagraadse kwalifikasie aan een van die gesogte universiteite in die Verenigde Koninkryk te gaan studeer.

Breytenbachs kan jou help

As jy daaraan dink om in die Verenigde Koninkryk te gaan studeer, kan Breytenbachs jou help. Ons het ’n toegewyde span konsultante wat baie Suid-Afrikaners, oud en jonk, voorgraads en nagraads, help om ’n Britse studentevisum te bekom. Hulle kan jou help met die proses om aansoek te doen vir ’n United Kingdom Student visa. Besoek gerus ons webtuiste by www.bic-immigration.com vir meer inligting of kontak ons direk by info@bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest