Leesvordering:

#DieWêreldMoetWeet

Jul 18, 2022

The persecution of minority communities in South Africa since 2020

Dié verslag is die vervolg op die verslag The world must know: The persecution of minority communities in South Africa, wat in 2020 deur AfriForum gepubliseer is as deel van ’n internasionale skakeltoer na die VSA om bewustheid te skep vir aangeleenthede soos plaasaanvalle, haatspraak teen minderhede en Suid-Afrika se vele wette wat op grond van ras diskrimineer. Die nuwe 2022-verslag, The world must know: The continued persecution of minority communities in South Africa since 2020, beoog om nuwe wetgewing, gevalle en beleide te dokumenteer wat verband hou met die tema van die verdrukking van minderheidsgemeenskappe in Suid-Afrika, en wat in werking gestel is of voorgestel is, of voorgekom het sedert die bekendstelling van die eerste verslag in 2020. Die verslag gee ook nuwe inligting oor beleide, wette en gevalle wat in die vorige verslag gedokumenteer is.  

Afdelings in die verslag sluit in:

  • wette wat tydens Covid en daarna op grond van ras diskrimineer
  • onteiening sonder vergoeding: wysigings aan die Grondwet en die 2020 Onteieningswetvoorstel
  • onluste en plundery in Julie 2021
  • Senekal en die “Kill the Boer”-hofsaak teen Julius Malema/EFF
  • die teiken van minderheidserfenisse
  • die volgehoue agteruitgang van Afrikaanse taalregte en onderwys

Die 2022-verslag voorsien ’n bruikbare en uitgebreide opsomming van die belangrikste ontwikkelings in terme van die bogenoemde temas en gevalle, kompleet met bronne om elke vermelding te staaf. Dit is ’n ideale bron vir enigeen wat oor die Suid-Afrikaanse politiek skryf of daarop kommentaar lewer, veral wat betref minderheidsgemeenskappe. Dit is ook waardevol vir wat oor dié onderwerp navorsing doen of daaroor verslag doen.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest