Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: True Prue

Aug 22, 2023

Dié week se kollig val op ’n onderneming in die voedselbedryf. True Prue bied kookklasse in Engeland aan.

Prue Leith is ’n Suid-Afrikaanse restaurateur, sjef, spysenier, televisie-aanbieder/omroeper, joernalis, kosskrywer en romanskrywer wat in Londen woon.

Buiten vir 14 kookboeke het Leith al sewe romans geskryf wat ook almal oor kos handel.

Wanneer sy nie besig is om ’n roman of ander kookboek te skryf of vir liefdadigheidsorganisasies te werk nie, rits Prue wêreldwyd rond tussen die Orient Express-hotelle; sy is op die Raad en dus ’n direkteur van die Mount Nelson in Kaapstad en ’n klomp topwildkampe in Botswana asook van veertig bekende hotelle en luukse treine tussen Peru en die Verre Ooste. Tussenin verfilm sy nog nuwe reekse van The Great British Bake Off, My Kitchen Rules en The Great British Menu en is ook kanselier van die Queen Margaret University in Edinburgh.

Prue is geweldig trots op die Prue Leith Culinary Institute wat volgens haar die regte model vir ’n opleidingsinstansie is. Die studente leer terwyl hulle in regte restaurante werk, en die instituut kweek by hulle ’n liefde vir heerlike kos terwyl hulle uitnemende tegniese kennis opdoen.

Jy kan nou Prue se kookboeke, romans en kookware aanlyn op haar webwerf aanskaf.

True Prue is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Kontak True Prue

Klik hier om True Prue se webtuiste te besoek.

Klik hier om True Prue op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

*

Na watter soort diens of produk is jy op soek in die buiteland? Besoek AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids vir ander soorte ondernemings.

Kry jy nie wat jy soek nie? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za waarvan jy meer wil weet.

Foto’s: Prue Leith/Facebook

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest