Leesvordering:

Fanie Os Oppie Jas

Jan 26, 2017

Fanie wie?
(Bietjie meer oor Fanie  van der Merwe– soos dit op sy webblad verskyn.)

Volgens die Successful Blogging for Dummies behoort ek hiérdie spasie te gebruik om, ter bekendstelling, die een en ander oor myself te verklap. Nou maar goed, as dit dan moet…

Ek is saggeaard, lojaal en lief vir kinders – net soos ’n DBV-hond. My neus bloei soms vir geen rede nie en ek het al bladgeskud met Naas Botha. Ek hou meer van Jan Smuts as van Eugene Terre’Blanche en in twaalf jaar was ek nie één dag afwesig van skool nie. Ek was nog nooit betrokke in ’n vuisgeveg nie en ek het al ’n bestaan gemaak deur skottelgoed te was. Ek het ’n amper obsessiewe liefde vir krieket en ek is getroud met ’n kind. Wel, nie mét ’n kind nie – dít is immers onwettig. Ek is getroud met ’n vrou en ons het ’n kind.

Ek is ’n Afrikaner in murg en been – gebore en getoë in Pretoria. Een laerskool, een hoërskool, een universiteit, met Christelik-Nasionale Onderwys die rigsnoer van my jongmenslewe. Maar in 1998 het ek op ’n vliegtuig geklim om vir ’n jaar lank in Londen te gaan werk. Soos duisende ander jong Suid-Afrikaners wou ek die wêreld sien, ’n bietjie geld spaar, en myself “vind”.

Toe ek my vriende en familie in die lughawe se vertreksaal groet, sou ek nooit kon raai watter draaie die lewe met my sou loop nie – soos dat daardie voorgenome “een jaar” die res van my lewe sou word nie. Of dat ek my passie sou volg en my as ’n geskiedenisonderwyser sou bekwaam (die eerste vyf jaar in Londen het ek in ’n bank gewerk – en dit geháát). Of dat ek reise na dosyne verskillende lande sou onderneem. Of dat ek ’n rubriekskrywer sou word vir The South African, die grootste Suid-Afrikaanse publikasie in die Noordelike Halfrond (kug-kug). Of dat ek ná vyftien jaar in Haar Majesteit se koninkryk sou uitwyk om my nering by ’n internasionale skool in China te gaan beoefen.

Nou kyk, ek is nie ’n skrywer nie. Ek is bloot ’n ou wat skryf. Ek is geen avonturier wie se reise na die uithoeke van die skepping die wêreld se verbeelding aangryp nie. Ek doen ook nie enige baanbrekerswerk wat die massas uit belangstelling laat regop sit nie. En ek is beslis ook nie ’n mens-engel wat die hartsnare roer deur my lewe aan die opheffing van minderbevoorregtes te wy nie. Ek is net ’n gewone ou.

My webblad is my “labour of love” (ek wou sê “my liefdesvrug”, maar dit klink heeltemal te suggestief vir ’n gesinsvriendelike blad soos hierdie). Ek gee nie die geheim van ’n lang en gelukkige lewe hier weg nie en ek probéér nie eers om die wêreld se verskriklikhede aan te spreek nie – hierdie is bloot die gieter waarmee ek my Afrikaanse wortels natlei. En as enigiemand anders daardeur vermaak of ingelig word… Wel, dan is dit goed so.

So daar gaat hy. Laat hy val waar hy wil. Lekker lees en lekker kyk.

Wees gesond, wees gelukkig, wees lekker.

Groete
Fanie

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest