Leesvordering:

Fanus Jonck verduidelik die noodsaak vir ‘n Suid-Afrikaanse testament

Jun 29, 2017

Dit is nie net Suid-Afrikaners wat hulle Suid-Afrikaanse bates moet bestuur nie; Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon moet ook hulle Suid-Afrikaanse bates behoorlik bestuur. Dit is eintlik nodig dat ʼn mens ʼn testament in elke land moet hê waar jy bates besit, sodat die testament bates in daardie land dek.

Dit is omdat lande verskillende wette het wat nalatenskap reguleer. Dit is ook aan te beveel dat persone met bates in byvoorbeeld Rusland of Frankryk, ʼn testament in daardie land se taal laat opstel.

My advies is om Suid-Afrikaanse testamente eerder in Engels op te stel. Jy kan dit ook in Afrikaans opstel, maar laat dit liewer vertaal omdat nie almal in die Meester se kantoor Afrikaans behoorlik magtig is nie. Daar was al te veel “misverstande” in die Meester se kantoor by testamente wat in Afrikaans opgestel is.

Ek stel verder voor dat jy in jou testament spesifiseer of jy begrawe of veras wil word, omdat dit dikwels ʼn probleem word na jou dood.

Maak duidelik aan wie jy jou bates nalaat indien die vernaamste begunstigde(s) voor jou te sterwe sou kom (of saam met jou sou afsterf).

Die Meester sal ʼn Suid-Afrikaner, wat in Suid-Afrika woon, met ervaring van boedelbereddering aanstel om as eksekuteur op te tree.

Skakel gerus met Fanus Jonck [fanus@jonck.net] vir advies oor testamente, nalatenskappe en belastingvrae.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest