Leesvordering:

WAARSKUWING: Dienste by binnelandse sake erg deur “onvoldoende personeel” geraak

Jun 28, 2017

Die departement van binnelandse sake (DBS) bevestig dat meer as 90% van sy kantore weens personeeltekort op Saterdag gesluit sal wees. Volgens die departement is dié personeelgetalle nie in lyn met die onlangse ooreenkoms wat met vakbonde bereik is nie.

Dit volg nadat die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa) en die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) gedreig het om weens werkstoestande by die DBS te staak.  

Die DBS het in ’n verklaring die publiek om verskoning gevra dié “ongerief” en gesê dat die gebeure die DBS teleurstel omdat dit nie belyn is met die gees van die ooreenkoms of die voornemens van besprekinge wat op Vrydag, 23 Junie gehou is nie.

Die DBS het aan Traveller24 bevestig dat dié verlamming nie paspoortbeheer in die geval van internasionale reisigers sal beïnvloed nie, maar wel voorkantore wat ID-, paspoort- en geboorteregistrasies hanteer, asook die afhaal daarvan – insluitend visums – sal raak.

Dié probleme kom op die vooraand van een van die besigste tye in die jaar: die skoolvakansie wat aan die einde van Junie begin.

Mkuseli Apleni, binnelandse sake se direkteur-generaal, sê dat die dispuut verband hou met deurlopende kwessies binne dié departement, asook met voorkantoorwerkers se werksure wat in 2015 ingestel is.

Die vakbonde is oorgehaal om ’n staking te registreer as hul eise nie tot gunstige uitkomste vir hul lede lei nie.

Die staking wat vir Maandag, 19 Junie beplan was, is afgestel nadat die DBS maatreëls teruggetrek het wat personeel sou dwing om sonder oortydvergoeding op Saterdae te werk en pleks van oortydvergoeding aftyd volgens ’n opgestelde tydrooster sou kry.

Dit het maandelange onderhandelings geneem om kwessies binne die departement op te los wat ontstaan het weens voorkantoorwerksure oor naweke wat in 2015 ingestel is en die herstrukturering van aftyd pleks van oortydvergoeding. Lees die volledige storie hier.

Nadat die DBS die omsendskrywe teruggetrek het wat dié skofstelsel aankondig, het dit nou tien dae om die proses te hersien.

Die departement doen ’n beroep op vakbonde om dié kwessie so gou as moontlik op te los, soos daar met vakbonde tydens die onderhandelings ooreengekom is. “Die openbaredienskommissie, vakbonde en die departement glo dat gehaltediens aan ons mense die belangrikste is wat ons waardes betref,” sê die departement.

“Ons hoop dat die kwessie binnekort op vriendelike wyse opgelos sal word, want die publiek verdien ’n beter diens van ons almal,” sluit die departement af.

Bron: Traveller24

AfriForum doen ‘n dringende beroep op die publiek om nie oorgerus te wees nie en vroegtydig aansoek te doen vir onverkorte sertifikate om teleurstelling te voorkom. Onverkorte sertifikate is nog op ‘n papierstelsel en is dus nog nie gerekenariseer nie.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest