Leesvordering:

Fondsinsameling vir Johan Opperman

Aug 25, 2021

Woes is ’n vermaak- en interaktiewe program wat fondsinsamelingsprojekte doen deur middel van lootjieverkope en regstreekse veilings.

Hierdie spesifieke vertoning word in Woes-styl deur Jaco van Dyk en Hamilton Wessels aangebied en word regstreeks vanuit die AfriForum Teater uitgesaai.

Die fondse wat ingesamel word, word geskenk aan Johan Opperman, ’n klanktegnikus wat saam met verskeie bekendes al die land vol getoer het. Johan is onlangs met aggressiewe kanker gediagnoseer en benodig dringend fondse vir sy behandeling.

Sy vriende in die musiekbedryf, Appel, Ricus Nel, Irene-Louise en ADAM het besluit om ’n Woes-vertoning te doen om geld vir sy behandeling in te samel.

’n Paar tafels word aan die publiek beskikbaar gestel om die aand aan die veiling deel te neem, lekker te eet en na hul gunstelingkunstenaars te luister. Neem kennis dat dit nie ’n normale vertoning is nie en dat die vertoning opgedeel word met veilings tussenin deur die twee aanbieders. Die publiek kan ook aanlyn na die vertoning kyk en aan die veiling deelneem.

Alle fondse wat uit kaartjieverkope, lootjies en veilings gegenereer word, sal ten volle aan Johan Opperman geskenk word.

 

KOOP KAARTJIES

Moenie uitgesluit voel as jy in die buiteland is nie, want jy kan hierdie vertoning GRATIS stroom! Die skakel word binnekort bekend gemaak.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest