Leesvordering:

Gesonde peuselhappies tydens die afsonderingstydperk

Apr 21, 2020

Natasha Smit

Die Covid-19 pandemie het die hele wêreld geruk. Met die gevolg gaan Suid-Afrika tans deur ‘n 21-dae afsonderingstydperk. Vir sommige (veral introverte) is hierdie glad nie ‘n straf nie en geniet hulle dit vreeslik om by die huis te wees sonder om verskonings uit te dink oor waarom hulle by die huis moet bly. Vir ander is dit ‘n baie emosionele spanningsvolle tydperk en is hulle dalk bekommerd oor die hoeveelheid onsekerheid wat hulle oorrompel. Ongelukkig, saam met die spanning, verveeldheid en emosies vergryp baie Suid-Afrikaners hulself aan kos en ongesonde peuselhappies. Hier is ‘n paar riglyne om jou te help verseker dat jou werksklere wel pas wanneer jy weer jou sweetpak met jou werkspak moet vervang.

Fokus op klein en gereelde maaltye

As jy slegs twee of drie groot maaltye eet, gaan jy definitief lus wees vir meer peuselhappies tussen-in en dan gaan jy heel waarskynlik minder voedsame opsies kies. Probeer dus om drie etes te eet (ontbyt, middagete en aandete) asook twee gesonde peuselhappies (laat oggend en laatmiddag).

Beperk suiker en kalorie gevulde peuselhappies

Wanneer jy peuselhappies eet wat baie suiker en kalorieë bevat, veroorsaak dit ‘n piek in bloedglukose-en insulienvlakke. Dit lei dan tot moegheid, onproduktiwiteit, ’n groter eetlus, suiker drange en meer hoë kalorie peuselhappies deur die loop van die dag.

Hou porsiegroottes in gedagte.

Die afsonderingstydperk is ‘n tyd van onsekerheid waar baie mense gespanne is oor werk, omstandighede, finansies, hoe om kinders by die huis besig te hou, of selfs die verlange na familielede wat jy lanklaas gesien het. Dit ís ‘n groot uitdaging, veral vir emosionele eters. Die opsies by die huis is baie beperk gedurende hierdie tydperk omdat almal inkopies probeer vermy, daarom is die hoeveelheid wat jy inneem dalk meer beheerbaar as die tipe kos.

Byvoorbeeld, as jy die volgende inneem:

  • Muffins of skons – beperk jou porsie tot een klein muffin.
  • Skyfies – beperk jouself tot ‘n klein pakkie of skep vir jou so handvol uit ‘n groot pak uit (wanneer jy jou porsie uitskep is jy meer bewus van die hoeveelheid wat jy eet, en dus is jy dan geneig om minder te eet op ’n slag).
  • Sjokolade – beperk jouself tot een klein sjokolade of net ‘n paar blokkies
  • Tuisgemaakte pizza – beperk jouself tot een snytjie en voeg dan ‘n slaai by of vul jou pizza op met baie groente en proteïene.
  • Pasta – beperk die hoeveelheid pasta wat jy opskep en voeg altyd groente en proteïene by.
  • Stysel – beperk jouself tot een stysel vir aandete en nie die tradisionele rys, vleis en aartappels nie.

Beplan peuselhappies en etes vooruit

Ons is darem rustig by die huis met baie meer tyd om etes voor te berei as gewoonlik, maar steeds maak meeste mense die fout om eers kos te begin maak wanneer jy reeds rasend honger is. Dikwels gaan ons dan vir ‘n maklike, gerieflike en minder voedsame opsie. Wanneer jy reeds honger is, is mens ook geneig om ‘n groter porsie in te neem wat jou bloedsuiker-en insulienvlakke gaan laat piek en jy gaan heel moontlik oorvol voel.

Werk met dit wat jy reeds by die huis het

Ons hoef nie allerhande uitspattige gesonde bestanddele te gaan aankoop om gesond te eet nie. Werk met die items wat jy reeds op hande het en volg hierdie riglyne:

  1. Fokus op groente (bv. tamatie, komkommer, blaarslaai, uie, selery, sampioene en soetrissies) en proteïene (bv. tuna, sardientjies, koue vleis, hoender, maer maalvleis, beef strips, ens.)
  2. Beperk vet inname en kies eerder gesonde vette (soos avokado, ongesoute neute, sade, “lite” slaaisous of mayonnaise, onverhitte olie en beperk ook jou hoeveelheid kaas porsies)
  3. Vermy suiker (bv. sjokolade, skyfies, koekies, beskuit, ens.)
  4. Beperk koolhidraat porsies per ete. Alhoewel koolhidrate baie gesondheidsvoordele vir jou inhou en jou hoofbron van energie is, is dit goed om klein, gereelde porsies deur die dag in te neem.

Moenie vergeet om jou drankies te tel nie

Hoeveel koppies koffie, vrugtesap of gaskoeldrank neem jy deur die dag in? Jou liggaam het vloeistof nodig om seker te maak jy dehidreer nie, maar wees versigtig dat al die vloeistof wat jy inneem nie net leë kalorieë byvoeg nie (Leë kalorieë is kalorieë wat energie gee maar geen voedingswaarde het nie en dit kan dus lei tot gewigstoename). Kies altyd eerste water of rooibos tee en beperk suiker in koffie en tee.

Natasha Smit is ‘n geregistreerde dieetkundige met haar eie praktyk in Roodepoort.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest