Leesvordering:

Gids: Hoe om lojaliteit met jou kliënte te bou

Apr 4, 2022

Dit is belangrik om jou kliënte gelukkig te hou – dit is immers hulle wat seker maak dat jou besigheid se deure oop bly. Sonder gereelde kliënte kan dit moeilik wees om langtermynsukses vir jou besigheid te verseker. Daarom is dit uiters belangrik om seker te maak jy behou jou bestaande kliënte.

1. Bou persoonlike verhoudings

Vir sommige besighede is dit uiters belangrik om op persoonlike verhoudings staat te maak. Daar is min goed wat kliënte so gewaardeerd laat voel soos wanneer jy of jou werknemers hulle herken wanneer hulle na jou besigheid terugkeer.

Dit kan ook gedoen word deur persoonlike e-posse in stede van ’n massa-gegenereerde e-pos aan jou kliënte te stuur. Die ekstra moeite wys bloot dat jy in hulle as individu belangstel en nie net in hulle besigheid nie.

2. Volg gereeld op

Die sleutel om jou kliënte te behou, berus op deurlopende kommunikasie met jou kliënte. Doen gereeld opvolgwerk om seker te maak hulle is tevrede met jou produk of diens. Sommige maatskappye stuur ook koeponkodes of spesiale afslag uit aan bestaande kliënte om seker te maak dat hulle lojaal bly en nie na die mededingers oorstap nie.

3. Oorkommunikeer

Veral vir aanlyn besighede is dit uiters belangrik om te oorkommunikeer. Kliënte wat bestellings plaas, wil graag weet wanneer hulle hulle produkte gaan ontvang. Omdat aanlyn aankope in Suid-Afrika nog relatief konserwatief is, is dit uiters belangrik om jou kliënte gerus te stel oor wanneer hulle hulle pakkies gaan ontvang. Gee jou kliënte altyd eerder te veel inligting as te min. Geruste kliënte ervaar goeie diens, en goeie diens lei tot verdere verkope.

4. Wees altyd eerlik

Dit is uiters belangrik om eerlik met jou kliënte te wees. Skep eerder realistiese verwagtinge as om bloot te probeer om ’n kliënt te vang om van jou diens gebruik te maak of om jou produk te koop.

Kliënte wat voel dat hulle nie ontvang wat hulle verwag het en waarvoor hulle betaal het nie, gaan nie weer van jou besigheid gebruik maak nie.

5. Oortref kliënte se verwagtinge

Probeer altyd meer vir jou kliënte doen as wat hulle verwag om te ontvang. Stuur vir hulle ’n ekstra geskenkie of wens hulle onverwags geluk met hulle verjaarsdag. Deur die ekstra myl te stap om seker te maak dat jou kliënte gelukkig is, sal jy seker maak hulle bly lojaal aan jou en jou besigheid. Maak ook seker jy mis nooit ’n sperdatum nie. As jy jou besigheid betroubaar en assosieerbaar maak, sal kliënte terugkeer.

Soms werk hierdie strategie egter nie en sit jy met ’n ongelukkige of moeilike kliënt. In so geval is die beste raad om eerder die verhouding te beredder. Jy kan só te werk gaan:

  • Moenie die probleem ignoreer nie

Luister na jou kliënte en reageer vinnig op hulle klagte. Daar is min dinge wat ’n ongelukkige kliënt verder ontstel as wanneer hulle voel dat daar nie na hulle geluister word of wanneer hulle probleem geïgnoreer word nie.

  • Erken jou foute

Indien die fout by jou of jou besigheid lê, wees bereid om dit te erken. Alle mense maak foute en erkenning ontlont gewoonlik vinnig die konflik. Wys empatie met die kliënt. Moontlik het jou fout veroorsaak dat hulle moeilikheid by die werk kry of self ’n belangrike sperdatum gemis het.

  • Vermy oorhaastige optrede

In konfliksituasies met kliënte is mense geneig om vinnig oplossings te wil gee om net uit die konflik te ontsnap. Dit is egter nie die doeltreffendste manier om die probleem op te los nie. Maak seker jy maak nie beloftes wat die kliënt weer gaan teleurstel nie – dit sal bloot meebring dat jy die kliënt heeltemal verloor. Bestee eerder tyd daaraan en los werklik die probleem op.

  • Eindig op n positiewe noot

Maak seker dat jy op goeie voet is met jou kliënt na afloop van die konflik. Maak seker jy vra weer om verskoning vir enige foute wat jy gemaak het en gee dalk selfs vir hulle afslag op ’n volgende bestelling of besoek. Dit sal die kliënt se laaste ervaring met jou besigheid in ’n beter lig stel.

LEES OOK: Beleggingswenke vir beginners

Meer oor die outeur

AfriForum Sakenetwerk

Hierdie netwerk bestaan uit twee dele: AfriForum Sakenetwerk as ’n databasis van ondernemings wat deur AfriForum-lede besit of bestuur word, en besighede wat nie lid is nie, maar wat wel diens in Afrikaans kan lewer. AfriForum-lede wat hul ondernemings registreer en aandui dat hulle lede is se ondernemings sal outomaties op albei databasisse geregistreer word. Mense wat nie lede van AfriForum is nie se ondernemings sal net op die algemene databasis geregistreer word. Lede van AfriForum word aangemoedig om ander lede se ondernemings te ondersteun deur die AfriForum Sakenetwerk.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest