Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Roslyn Bespoke Jewellery

Apr 6, 2022

Roslyn (’n vakman-juwelier en metaalsmid) se storie het meer as tien jaar gelede begin toe sy geïnspireer is om ’n juweelstuk van haar seun se kunswerk te maak. Sy het sedertdien met verskeie soorte materiaal gewerk, van skulpe, blomme, blare, vingerafdrukke en selfs die handskrif van geliefdes om unieke en asemrowende ringe, hangertjies, mansjetknope, gelukbringers (“charms”), en meer te ontwerp.

“Wanneer ’n klient die storie oor hul spesiale oomblik met my deel, besef ek dit gaan oor baie meer as om net ’n juweelstuk te maak. Dit omvat al hul sintuie op daardie bepaalde oomblik in hul lewens – hoe hulle gevoel het, die mense om hulle, dit wat hulle kon hoor, ruik en sien. Dit is van onskatbare waarde om daardie oomblik met hulle te kan saamdra in die vorm van ’n hangertjie of mansjetknope.”

Roslyn Jewellery is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest