Leesvordering:

Hulpmiddels wat jou kan help om ’n onderneming in ’n ander land te bedryf

Sep 1, 2021

Dink jy daaraan om ’n onderneming oorsee te begin of is jy reeds in die buiteland en wil steeds jou produk aan die Suid-Afrikaanse mark lewer? Deesdae is daar talle hulpmiddels wat selfs klein ondernemings kan help om wêreldwyd besigheid te doen. Aanlyn besighede is die natuurlike keuse en eMarketer se navorsing wys dat wêreldwye aanlyn verkope teen 2023 die $6,5 miljard merk gaan oorskry. Dit is 14% meer as in 2019!

Raai in watter lande is dit die maklikste, goedkoopste en gerlieflikste om aanlyn besighede te begin en te bestuur? Bo-aan die lys is Denemarke, dan Switserland, Nederland, die Verenigde State van Amerika, Noorweë, Swede, Singapoer, Duitsland en Kanada. As jy faktore soos internetspoed, besigheidsbelasting, betaalstelsels, registrasieprosedures, aantal internetverbruikers en logistiek in ag neem, staan dié lande kop en skouers bo die res uit. Singapoer het byvoorbeeld ’n gemiddelde internetspoed van 229,42 Mbps, in Kanada neem die proses om ’n besigheid te registreer nooit langer as twee dae nie en Switserland se posdienste kry volpunte in elke kategorie. Maar ongeag waar jy in die wêreld is, kan jy gebruik maak van aanlyn hulpbronne soos Ecwid, TradeAbility, Paypal en Lingo.

Ecwid

Ecwid is ’n webplatform waar jy gratis ’n webtuiste kan skep en dit dan met enige ander platforms soos WordPress, Instagram of Amazon sinchroniseer. Jy hoef dan net byvoorbeeld eenmaal ’n webtuiste op Ecwid te skep terwyl dit gesinchroniseer is met drie verskillende webtuistes wat jy besit en wat elkeen gemik is op ’n ander mark of land. Jy kan ook ander markplatforms daarby inskakel, soos ’n Facebook-winkel. Dit is ideaal as jy in meer as een land besigheid doen en meer as een webtuiste moet bedryf. Ecwid konnekteer ook met jou betaalpunt indien jy ’n fisiese winkel het, en dateer jou voorraad ook outomaties op. Dit beteken jy kan ’n winkel bedryf en jou produkte op Amazon verkoop, terwyl alles op een platform gesinchroniseer is.

TradeAbility

’n Groot uitdaging met ’n onderneming wat oor landsgrense strek, is koerierdienste. As jy ’n besigheid in die buiteland het maar jou produkte van Suid-Afrika verskeep, kan jy UPS se gratis internasionale koeriertoepassing, TradeAbility, gebruik. Dit is maklik om koerierkoste te bereken en invoerbelasting na te gaan. Behalwe UPS, het FedEx en Aramex ook goeie opsies om internasionale verskeping maklik te maak.

Paypal

Paypal is sekerlik die maklikste manier om buitelandse betalings te ontvang en te maak. Die volle reeks van hul dienste is in 20 lande beskikbaar en hulle vra ’n 3.9%-transaksiefooi. Paypal integreer met die meeste van die webplatforms en jy kan geld uit jou Paypal-rekening deur jou gewone FNB-rekening onttrek. Kriptogeld gaan ook in die toekoms al meer gebruik word vir internasionale transaksies en jy kan reeds nou oorweeg om betaling in kriptogeldeenhede op jou webtuiste moontlik te maak.

Lingo

Om ’n onderneming in die buiteland te bedryf beteken dat jy steeds maklik bereikbaar moet wees. Daar is beter opsies vir internasionale oproepe as WhatsApp, Skype of Google Voice. Lingo bied onbeperkte oproepe na 45 lande vir ’n vaste maandelikse fooi van $23,95. Kliënte kan jou maklik kontak en teen ’n minimale fooi kan jy heeltyd beskikbaar wees.

Om ’n onderneming in ’n ander land te begin kan uitdagend wees, maar met ’n paar betroubare aanlyn hulpbronne, sagteware en ’n bereidheid om te leer, kan jy enigiets van die grond af kry. Byt vas en ontdek nuwe markte in die buiteland!

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest