Leesvordering:

Inkommers deur Hans du Plessis

Nov 7, 2022

Is daar ’n  verskil tussen inwoner en inkommer?

Die Afrikaner-familie boer al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel. Die Sommers was aankommers wat langsamerhand aanvaar is, al was dit nie maklik nie. Nou bring Bennie Afrikaner sy nuwe liefde, Plakker Prinsloo, om die Kom en sy mense te leer ken. Nie almal is ewe verwelkomend nie; mens kan nie altyd inkommers vertrou nie.

In die betekenisvolle titel lê ook dié vraag opgesluit: Is die Kom se bewoners die eienaars (hoort hulle in die Kom op grond van besit) of is hulle inkommers (van buite af en sonder enige regte)? Uiteindelik “kom” al die verhaallyne ook “in” omdat dit duidelik word hoe mense wat mekaar net skrams of glad nie geken het nie, van meet af aan deel van mekaar se stories en van die Kom was.

Inkommers ’n verhaal van gemeenskap. ’n Verhaal wat aan die hart daarvan die kwessie van identiteit en plek, en grondbesit en eienaarskap het. Leipoldt se “Oom Gert vertel” is ’n sterk interteks; ook hier word ’n kontreistorie met humor en deernis op só ’n manier aan die leer vertel dat jy algaande deel van die intrige word.

Hans du Plessis is ’n navorser, akademikus en skeppende skrywer. Afgesien van verskeie akademiese boeke en artikels debuteer hy in 1978 as skeppende skrywer met die digbundel Kleinwild. Hierna verskyn digbundels, jeugverhale rubrieke en volwasse romans; hy is egter veral bekend vir sy Griekwa-gedigte wat in die bundels Innie skylte vannie Jirre, Boegoe vannie liefde en Karos orie dyne verskyn. Sedert die vroeë negentigerjare word sy jeugboeke vir skole voorgeskryf en twee van sy historiese romans is in Nederlands vertaal. Hy word vir sy skryfwerk bekroon met onder andere die CR Swart-prys vir tienertoneel, die ATKV-kinderboekprys, ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die CBSA-prys vir algemene Christelike literatuur.

ISBN: 978-1-77635-956-1 (druk)
ISBN: 978-1-77635-957-8 (e-pub)
Voorgestelde verkoopsprys: R300
Kategorie: Algemene fiksie

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest