Leesvordering:

Internetvondse vir Februarie

Feb 15, 2018

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies in jou omgewing kan doen. Biltong, Ouma-beskuit, blatjang, hulp met finansiering, immigrasie, Suid-Afrikaanse prokureurs, restaurante en nog vele meer word op Wêreldwyd se Wêreldgids van Suid-Afrikaanse besighede gevind.

Hier is vyf oulike fondse vir die maand:

Kalahari Moon

Sentraal geleë in die Saffa-gemeenskap in die Bristol area en effe weggesteek aan die agterkant van St. Nick’s lê Kalahari Moon, of the wel “The South African Shop in Bristol, tjok-en-blok gepak met al jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye, kosse en drinkgoed. “Feels like home” het iemand in die gasteboek geskryf.

Toft Shop

‘n Dorpswinkel en poskantoor met die grootste verskeidenheid van Suid-Afrikaanse voedselprodukte in die Ooste van Engeland. Alles wat jy nodig het vir ‘n braai, ‘n partytjie of om net die heimwee bietjie te verlig.

Peli-Peli – Galleria

Peli-Peli, bekend vir hul Suid-Afrikaanse geure en suidelike gasvryheid, is ‘n mengelmoes van geure beinvloed deur Europese, Asiese, Afrikaan en Amerikaanse kulture.

Kozi’s Meet ‘n Eat

Die Afrika belewenis in Atene – riboog steak, chakalaka, burgers en pitabroodjies.

JAN

‘n 24-sitplek, fynproewer restaurant in die opkomende, boheemse Nice Port distrik. JAN is ‘n viering van Suid-Afrikaanse gasvryheid en bedien eerlike kos wat inspirasie put uit die plaaslike produkte vanaf die markte in die Suide van Frankryk.

Verken die gids hier of lys jou eie onderneming gratis. Ondersteun jou landgenote en netwerk met ander Suid-Afrikaners in jou omgewing!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest