Leesvordering:

Jo Black maak groot nuus bekend!

Des 5, 2018

Kersfees het vroeg gekom hierdie jaar vir Jo Black!  Na die weghol sukses van sy multi bekroonde, dubbel platinum debuut-album Skepe, is sy splinternuwe album VOEL JY DIE GENADE vandag gefinaliseer.  Jo het sopas op sy Facebook blad aangekondig dat hy dié enkelsnit EKSKLUSIEF by die tweede IN AFRIKAANS HARTENBOS konsertreeks sal bekendstel.

Kyk na sy aankondiging hier:  https://www.facebook.com/JoBlack8/

IN AFRIKAANS HARTENBOS vind plaas by die ATKV Amfiteater Hartenbos op 22, 24, 28 en 29 Desember 2018 en vakansiegangers kan uitsien na veel meer as net ’n gewone wegbreek.  Belangstellendes moet beslis nou al hulle plekke bespreek om hierdie besonderse konsertreeks wat topgehalte produksies insluit by te woon.  Dit is vervaardigde konserte met kreatiewe insae van onder andere Johan Vorster, Matthys Maree, Carien Laubser en baie ander groot name in die bedryf, tesame met ‘n lewendige orkes en dit gaan ‘n onvergeetlike ervaring wees!

Hierdie konsertreeks gaan oor die treffers wat die publiek wil hoor en na die wegholsukses van die eerste konsertreeks, wat deur nie minder nie as 30 000 feesgangers bygewoon is in 2017, en waartydens die gala-geleentheid se kaartjies reeds vooruit uitverkoop was, het die span by Inhoud Huis Musiek nie ’n ander keuse gehad as om ’n opvolgreeks te reël en dit moontlik ’n jaarlikse instelling te maak nie.

Vanjaar se konsertreeks sal iets bied vir elke musieksmaak en -voorkeur, of jy nou hou van langarm of meer ernstige akoestiese verwerkings. Van die land se grootste kunstenaars, waaronder Jo Black, Steve Hofmeyr, Robbie Wessels, Karen Zoid, Leah, Theuns Jordaan, Riana Nel, Snotkop, Appel, Roan Ash, Douvoordag, Jan de Wet, Juan Boucher, Early B, Jan Bloukaas en vele meer sal op die verhoog te sien wees.

‘n Ander hoogtepunt tydens die konsertreeks is Robbie Wessels se nuutste liedjie, Bobjan,  wat die gehoor gaande gaan hê en gedurende die laaste twee dae van die konsertreeks, sal die indrukwekkende treffer – Die Gelofte – ook vir die eerste keer opgevoer word. Dié lied, wat deur Johan Vorster en Christoph Kotzé getoonset is, gaan oor die gebed en eed wat in 1838 deur ons voorgeslagte afgelê is en beloof om hoendervleismooi oomblikke op die verhoog tot gevolg te hê.

Buiten die musiek, sal daar ook verskeie kos- en drankstalletjies en ander uitstallers wees, sodat niemand uitgelaat voel nie.

Toegangskaartjies vlieg vinnig, so om teleurstelling te voorkom kry jou kaartjies nou by

https://itickets.co.za/events/399816.html

Indien beskikbaar, kan kaartjies ook by die hekke gekoop word op die onderskeie dae vanaf 15:00

Feeshekke sal op konsertdae om 17:00 oopmaak. Kaartjies sal ook vanaf 15 Desember by die Skoffelskuursaal te koop wees.

Die program vir die vier konsertdae, lyk so:

* SKREE IN AFRIKAANS: Op 22 Desember sal Steve Hofmeyr gehore vanaf 19:30 vermaak met sy SKREE-ekstravaganza wat ook liedjies vanaf sy nuutste COUNTRY COLLECTION album sal insluit saam met lewendige musikante en Demi-Lee Moore, wenner van DIE KONTRAK, sal as gaskunstenaar optree.

* KERSFEES IN AFRIKAANS: Jan de Wet, Douvoordag en Roan Ash sal die Kersgees op 24 Desember afskop om 20:00 met Kersliedere by kerslig. Fondse en donasies word ook tydens hierdie geleentheid ingesamel vir Hartenbos Bejaardesorg.

* HARTENBOS IN AFRIKAANS: 28 en 29 Desember is die twee gala-konsertaande waartydens van die bekendste Suid-Afrikaanse musikante, soos Theuns Jordaan, Leah, Jo Black, Snotkop, Karen Zoid, Robbie Wessels, Kurt Darren, Liezel Pieters, Appel, Jan Bloukaas, Riana Nel, Elvis Blue, Early B en meer dié vakansieoord se gehore vanaf 19:30 sal vermaak.

Die IN AFRIKAANS HARTENBOS-konsertreeks is vir elke plesierige feesganger, wat hou van goeie musiek in hulle Moedertaal, asook ’n lekker kuier en is die perfekte manier om die jaar mee af te sluit.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/InAfrikaans/

Twitter: @in_afrikaans_

Instagram: @in_afrikaans

Webblad: www.inafrikaanshartenbos.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest