Leesvordering:

Julie gaan groot wees op ShowMax

Jun 23, 2016

In Julie kan jy regsit vir ‘n golf van vermaak met nuwe reekse en films op ShowMax!

kykNET Internasionaal op ShowMax sal sorg dat jy beste buddies raak met Jack Parow, leer surf terwyl jy weer in liefde begin glo, noot hou saam met Bobby van Jaarsveld en die pad vat op die warmste wiele.

Dis alles moontlik vir intekenaars op kykNET Internasionaal op ShowMax teen ‘n spotgoedkoop US $ 8.99 per maand. Gebruik jou kredietkaart of PayPal om aan te teken.

Ons het ons gunstelinge vir jul uitgesonder! So gryp daai popcorn of NikNaks hier is die reekse en films waarna jy in Julie kan uitsien:


1. Dis Hoe ons Rol met Jack Parow

Jack Parow en sy boesemvriend Hardus van Deventer het Suid-Afrika op Harleys deurkruis en langs die pad uitgehang met cool Suid-Afrikaners, groot avonture gehad en, natuurlik, konsert gehou.

2. Vlerksleep

Die realiteit van vlerksleep by ‘n potensiële pasmaat se vriene en familie word hier vasgevang – en met vier vermenigvuldig.  Sal die enkellopendes by een van die vier potensiële pasmaats ware liefde vind? Kyk en vind uit!

 

3. Hotel

As jy van The Office en Parks and Recreation hou, maak seker dat jy inboek by Hotel, die nuwe mokumentêre reeks waarin van SA se beste jong komediante en akteurs probeer om ‘n sukkelende hotel van ondergang te red.

4. Oppiestoep 

As jy stout is vir ‘n stukkie storie, kom sit saam Oppiestoep – storievertellers kom gesels met die aanbieders Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen en deel staaltjies wat jou lekker gaan laat lag.

5. Jan Braai vir erfenis (Nuwe Seisoen) 

Moenie alleen braai as jy saam met Jan Braai kan braai nie! Suid-Afrika se bekendste braaier gooi weer lekker goedjies op die kole. Braai saam vir jou Suid-Afrikaanse erfenis.

6. Groen: Namibië 

Ontdek die natuurskoon van Namibië saam met die natuurliefhebbers Rudie en Marlice van Vuuren van die Naankuse Wildlife Sancuary.

7. As jy Sing (film)

Bobby van Jaarsveld en Leah laat die lekkerste Afrikaanse liedjies leef in dié musical, waarin Naas Botha ook ‘n klein verskyning maak.

8. Die Pro (film)

Groot vriendskap, groot pyn en groot branders wat alles beter maak. Verloor jouself vir ‘n uur of wat in Jeffreysbaai en surf jou sorge weg.

9. L’at Wiel

Agter die stuur van alledaagse rygoed, sportmotors wat net vir rykes en beroemdes beskore is en die beste bakkies op die pad. Klim in vir ‘n mal rit en L’at Wiel.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest