Leesvordering:

Kersfees in Bahrein

Des 24, 2022

Ons het die week met Sigmar Rosenthal gesels om te hoor hoe hulle Kersfees in Bahrein vier.

As gevolg van die feit dat Bahrein so ’n smeltkroes van kulture is, leen ’n mens bietjie hier en daar wanneer dit kom by Kersgewoontes en -tradisies. Iets soos glühwein wat ons eintlik nooit in Suid-Afrika sou drink nie, het ons hier leer drink tydens Kerstyd. Ons woon graag Kerskonserte by waar die koor Kersliedere opvoer. 

Ons braai steeds! In Bahrein is daar nie eintlik tradisionele Kersfeesdisse nie, maar baie restaurante sal tradisionele Engelse disse bedien soos maalvleispasteie, Yorkshire-poeding ens. ’n Mens kan ook gemmerbroodmannetjies of -huise by die supermark koop. ’n Kersfees-“brunch” is ook baie gewild in Bahrein. Restaurante bied ’n volledige Kersmaal aan waar jy onbeperk kan eet en drink vir ’n sekere bedrag.

Die primêre geloof in Bahrain is Islam, maar die oorgrote meerderheid van mense vier steeds Kersfees – nie uit ’n geloofsperspektief nie, maar eerder net as ’n samekoms vir familie en vriende. Daarom is die feesgevoel steeds daar. Die winkels is vol Kersversierings en Kersliedjies. Die meeste restaurante en winkels is versier met Kersversierings. Die radio speel onophoudelik Kersmusiek. En selfs troeteldierwinkels verkoop Kersfeesjassies vir jou troeteldier. 

Desembermaand in Bahrein is ook die maand waarin ons Bahrein se nasionale dag vier (16 Desember). Daarom is die hele eiland verlig met liggies en die mooiste uitstallings. Elke boom is bedek met liggies. Die winkels is vol versierings en die meeste huise is ook opgemaak.

Wat tradisies aanbetref leen ons maar ’n bietjie hier, vat ’n bietjie daar en behou steeds ons eie tradisies. As ons saam met die Engelse kuier, vier ons soos hulle vier en as ons saam met die Iere kuier, vier ons weer op hulle manier. Maar ongeag die kultuur, is enige Kerspartytjie ’n samekoms van vriende en ’n absolute feesviering. Ons koop steeds ons adventkalenders, slaan ons Kersboom op net ná November (of soms selfs bietjie vroeër), versier die huis met liggies en sit geskenke onder die boom. 

Die belangrikste tradisie vir ons is om Kersfees saam met familie te vier. En omdat ons nie fisiek by ons familie kan wees nie, het ons ’n nuwe tradisie begin – ons bel ons familie op ’n “Google meet”. Deur die loop van die aand word die skootrekenaar van persoon tot persoon aangegee en ons gesels lekker met almal. Ons sit selfs aan tafel en neem deel as almal geskenke oopmaak! Só is ons virtueel deel van die feesvieringe en vier ons dit steeds saam met familie.

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest