Leesvordering:

Kersfees in Dublin 2019

Jan 9, 2020

Kersfees in Dublin is ’n tyd van liggies, speserye en Kerskore. Oral waar jy in die strate loop hoor jy gedurig Kersmusiek – meestal deur straatmusikante of kore wat blikskud en geld insamel vir liefdadigheid.

Loop jy verby die winkels, ruik jy net kaneel, naeltjies en neutmuskaat, terwyl jou oë verblind word deur duisende liggies wat oor die strate, teen elke winkel, die meeste huise en vensters hang.

Dit is Kersfees soos in die flieks. Jy’s toegewikkel in jou jas en serp en jou tong smag na ’n bietjie warm sjokolade of gluhwein. Enigiets net om jou lyf warm te hou teen die ysige koue.

Sneeu oor Kerstyd in Dublin is nie vreemd nie, maar in die afgelope twee jaar wat ons hier bly, het ons nog nooit ’n wit Kersfees ervaar nie. Dit bly egter vriesend koud.

Die Iere is oor die algemeen baie lief vir vullende bredies en aartappelgeregte. So Kersfees is geen uitsondering nie. Wat die Iere wel op Kersdag eet, is ’n sappige kalkoen of geurige geroosterde ham. Die bykosse is veral spruitkool (“Brussel sprouts”) met spek en croutons saam met ’n heerlike Caeser-slaaisous, en gebakte aartappels met sous. Nagereg is dikwels koekstruif met verskillende lae of ’n Kerskoek, wat soortgelyk is aan Suid-Afrikaanse vrugtekoek, of “mince pies” wat bestaan uit ’n deegkorsie wat gevul is met fyngemaalde vrugte gemeng met Kersspeserye.

Hoewel dit koud is buite, moet jy so min as moontlik tyd binne deurbring sodat jy kan rondloop by die Kersmarkte waar jy na allerhande handgemaakte geskenkies kan kyk en aan ander Kersgeregte kan smul.

Kersfees in Dublin is regtig baie besonders – veral as jy van die suidelike halfrond kom.

’n Geseënde Kersfees, of soos die Iere sal sê, “Nollaig Shona”.

Meer oor die outeur

Elsje du Toit

Elsje du Toit is ’n plattelandse meisie wat in die Noord-Kaap grootgeword het en later vir 5 jaar as joernalis by Volksblad en Netwerk24 in Bloemfontein gewerk het. Sy en haar man, JJ, bly sedert Januarie 2018 in Dublin. Hoewel sy al ’n rukkie hier bly, kan sy nog nie heeltemal aan die yskoue weer gewoond raak nie, maar tog geniet sy elke oomblik

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest