Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Mungo Design

Des 7, 2022

Hierdie week se besigheid in die Kollig is Mungo Design in Plettenbergbaai, Suid-Afrika, ’n onderneming wat ook hul pragtige produkte in dele van Europa en die Verenigde State van Amerika te koop aanbied.

Ons storie begin met net twee ou weeframe.

In 1998 het die meesterwewer Stuart Holding twee gerestoureerde antieke weeframe bekom. Hy het hierdie weeframe gebruik om beperkte reekse pragtige tekstielware vir die huis te vervaardig. Hy het in ’n ou skuur gewerk waar mense wat verbyloop hom kon sien werk, en dit sy “werkende weefmuseum” genoem. Hy het die klein tekstielskeppings wat hy hier vervaardig het in sy vrou, Janet se winkel verkoop. Sommer gou was die aanvraag groter as dít wat hy kon vervaardig en Mungo het besluit dit is tyd om uit te brei en produksie te verskuif na ’n meule in ’n ou melkplaasgebou ’n paar kilometer daarvandaan. Jare later het dinge verander: ons het die koeie agtergelaat, in ons eie meule ingetrek en vier winkels in Suid-Afrika oopgemaak. Ons eenmanspan het gegroei tot ’n familie van 80, en tesame met ons Suid-Afrikaanse/wêreldwye webtuiste het ons ook nou webtuistes wat in die VSA en Europa gebaseer is. Alhoewel ons besig is om uit te brei, bly ons fundamentele waardes dieselfde – om pragtig ontwerpte tekstiele vir die huis te vervaardig, wat met omgee geweef word vir ons gemeenskap en die omgewing.

In 2017 het die Mungo-span se jarelange droom waar geword: om ons eie meule te bou op die grond van Old Nick Village, naby Stuart se oorspronklike skuur en langs ons hoofwinkel. Ons filosofie van deursigtigheid is duidelik sigbaar in die produksieproses by die Mungo Mill, aangesien die hele meule oop is vir die publiek. Jy kan hier meer lees oor die meule en die materiaal wat ons maak. En die twee ou weeframe? Hulle is steeds hard aan die werk.

As deel van ons volhoubaarheiddoelwitte het ons in 2020 ’n oudit vir GOTS-sertifikasie (Global Organic Textile Standard) ondergaan. Ons is nou Suid-Afrika se eerste GOTS-gesertifiseerde tekstielweefmeule.

Ons glo sterk dat dít wat ons skep en hóé ons dit skep sal deursypel na die eindverbruiker en sal help om die wêreld waarin ons leef te verbeter. Ons gebruik weefkuns op ’n kontemporêre manier om gehalteprodukte te skep wat mense kan koester. Etiese handel en integriteit is deel van ons basiese filosofie en ons is veral puntenerig daaroor om gehalte- natuurlike vesels te gebruik. Ons materiale is gemaak om duursaam te wees – ons glo daaraan om tekstiele te maak wat lank gaan hou en nie op ’n ashoop eindig nie.

As deel van ons strewe na volhoubaarheid, deursigtigheid en naspeurbaarheid, hoop ons dat mense dinge meer sal waardeer as hulle weet waar dit vandaan kom en hoe dit gemaak word, wat gevolglik meer bewustheid sal aanmoedig wanneer mense die besluit moet neem om iets te koop.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Spring in en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie: dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Kontak Mungo Design

Klik hier om Mungo Design se webtuiste te besoek.
Klik hier vir Mungo Design op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest