Leesvordering:

Onderneming in die Kollig – ’n terugflits op 2022 (Deel 3)

Des 15, 2022

Om in ’n nuwe land aan te pas is ’n uitdaging. Alles is anders en om uit te vind waar jy Suid-Afrikaanse produkte en dienste kan kry, raak amper ’n soort avontuur op sigself. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is hier om te help!

Vandag kyk ons terug na 2022 se ondernemings in die Kollig.

  • Khoi Khoi Bar and Braai

Khoi Khoi Bar and Braai is Letchworth se topkeuse as dit kom by musiekvertonings, met die keur van kunstenaars van die VK en ander lande wat elke aand op die verhoog te sien is. Geniet die unieke smake van disse met ’n Suid-Afrikaanse tema wat in ons regte-egte koolstoof voorberei is. Lees meer.

  • Shannon Casey

Hier by Shannon Casey glo ons nie net daaraan om die goeie tye met julle te deel nie, maar ook om kuns te skep ter wille van gerief. Ons wil die liefde versprei! Lees meer.

  • IsMozBos

IsMozBos se bosseep is ’n klein stukkie Bosveld-bederf waarmee jy op reis of by die huis die muskiete kan eenkant hou en jou verlustig aan die onmiskenbare geur van die Bosveld. Lees meer.

  • Anne-Marie van Eeden

Haar musiek kan bestempel word as wêreldmusiek – ’n unieke oorkruisstyl tussen klassieke, jazz- en “folk”-klanke. Sy sing steeds in haar moedertaal, Afrikaans, maar ook in Engels en Frans. Lees meer.

  • Olive & Light

Olive & Light is begin weens hierdie begeerte en besieling om te skep, asook ’n liefde vir pêrels.  Lees meer.

  • Derika de Villiers Kliniese Sielkundige

Ek is in Amsterdam gebaseer en as Engels- en Afrikaanssprekende kliniese sielkundige gee ek terapie in persoon en aanlyn aan adolessente, volwassenes, paartjies en ekspats wat depressie, angs, trauma of verhoudingsprobleme ervaar.  Lees meer

  • Tarryn du Plessis Photography

My liefde vir fotografie het waarlik begin gedurende een van ons vele gesinsvakansies saam rondom Afrika. Ons was in Namibië en terwyl ek op die dak van my pa se Land Rover gestaan het toe hy kamp opgeslaan het, het ek ’n foto van die sonsondergang geneem. Lees meer.

  • La Petite Patisserie

My passies kan opgesom word om mense te leer, fotografie en pragtige kos. Lees meer.

  • Juniper Shores

By Juniper Shores bied ons ’n pasgemaakte diens en ons werk saam met jou om beheer te neem van jou daaglikse take en besige skedule, om jou of jou geliefdes se hervestiging in ’n nuwe land te bestuur, en om jou lewe makliker te maak deur jou te help sodat jy meer tyd tot jou beskikking het vir die dinge wat regtig saakmaak.Lees meer.

  • Tara Barker Designs

Ek het al aan ’n verskeidenheid projekte gewerk, soos logo-ontwerp, digitale en gedrukte ontwerpe sowel as uitnodigingontwerp. Ek is mal oor dit wat ek doen. Lees meer.

  • Flick Fingerboards UK

Elke bord word met baie sorg, aandag en tyd gemaak deur van net die beste materiale gebruik te maak. Omdat dit handgemaak is, voel elke bord organies en het sy eie unieke karakter. Lees meer.

  • iDrive Uganda Adventures

iDrive is op die been gebring toe ons ’n gaping in die langtermyn-huurmotormark vir betroubare voertuie in Uganda gesien het. iDrive-voertuie word uiters goed in stand gehou, met besondere aandag aan detail. Lees meer.

  • Mungo Designs

Ons eenmanspan het gegroei tot ’n familie van 80, en tesame met ons Suid-Afrikaanse/wêreldwye webtuiste het ons ook nou webtuistes wat in die VSA en Europa gebaseer is. Alhoewel ons besig is om uit te brei, bly ons fundamentele waardes dieselfde – om pragtig ontwerpte tekstiele vir die huis te vervaardig, wat met omgee geweef word vir ons gemeenskap en die omgewing. Lees meer.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids

Lys jou onderneming hier.

Vir meer ondernemings, besoek gerus AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

ʼn Reuseverkiesingsjaar kan wêreldpolitiek in nuwe rigting stuur

ʼn Reuseverkiesingsjaar kan wêreldpolitiek in nuwe rigting stuur

Deur Jaco Kleynhans Die Suid-Afrikaanse verkiesing wat oor enkele weke plaasvind, is van groot belang vir die toekoms van ons land. Hierdie verkiesing vind egter ook binne ʼn internasionale konteks plaas in ʼn jaar met deurslaggewende verkiesings wêreldwyd en die...

Kuiers by jou kinders in ’n verre land

Kuiers by jou kinders in ’n verre land

Wat ouers moet weet Deur Sulette Ferreira Die oomblik wat jy van die vliegtuig afstap, word jy oorweldig deur gemengde gevoelens – gevoelens van vreugde én onsekerheid. Jou hart loop oor van afwagting vir die langverwagte kuier by jou kinders en kleinkinders wat nou...

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Ons vra nie spesiale behandeling nie, ons vra net gelyke behandeling – AfriForum Nagenoeg een moord per week het gedurende 2023 op Suid-Afrikaanse plase afgespeel in die 296 plaasaanvalle wat gedurende dié tyd plaasgevind het. Dít terwyl die Suid-Afrikaanse regering...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest