Leesvordering:

Kollig Nuusbrief: 3 Maart 2022

Mar 3, 2022

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Die vyf algemeenste foute wat mense maak as hulle trek

Ná 18 jaar as ’n globale rondtrekker waarvan ons al 13 jaar lank mense bystaan met hul verhuisingsproses, het ons gesien dat mense gereeld dieselfde foute maak. Dit kan jou op die korte en lange duur onnodig geld kos en ook ’n negatiewe invloed op jou emosionele welstand hê. Hier is ’n paar algemene foute waaruit jy kan leer.

Kom ons reis na Suid-Afrika. Wat moet jy weet?

Die laaste twee jaar het lank gevoel vir dié wat terugverlang huis toe. Daar is natuurlik jou mense wat jy wil sien. En dan mis ’n mens natuurlik ook die reuk van ’n tjoppie op die vuur, of potjiekos wat borrel op die kole. ’n Mens mis Suid-Afrikaners se sin vir humor en daardie lekkerte om jou eie taal in jou ore te hoor. Noudat die reismaatreëls weer verslap het, kan jy begin uitsien na ’n Suid-Afrikaanse vakansie. Hier is ’n paar wenke wat jou kan help met jou reëlings.

Afrikaanse ondernemings in buiteland vereer

Afrikaans kook letterlik én figuurlik in die buiteland en ondernemings hier se passie vir enigiets Afrikaans is vanjaar vir die eerste keer as deel van AfriForum Sakenetwerk se jaarlikse Tinteltong Toekennings vereer.

LEES OOK: Kollig Nuusbrief: 17 Februarie 2022

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest