Leesvordering:

AfriForum Wêreldwyd se kuiergeleentheid vir enigeen met kinders of kleinkinders in die buiteland

Sep 14, 2023

AfriForum Wêreldwyd gaan ’n kuiergeleentheid aanbied vir ouers en grootouers met kinders of kleinkinders in die buiteland.

Het jou geliefdes geëmigreer, of beplan hulle om te gaan? Voel jy onseker hoe om die stap te hanteer en wil jy net bietjie op iemand se skouer huil wat verstaan?

Ons besef wanneer jou geliefdes besluit om die land permanent te verlaat, moet jy meteens ’n hele paar uitdagings trotseer. Hierdie sal die ideale geleentheid wees om ’n waardevolle ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wat die verlange te veel raak.

  • Hoe moet ek hul emigrasie benader?
  • Hoe kan ek betrokke bly as hulle in ’n ander land woon?
  • Hoe raak ek vertroud met hulle nuwe werklikheid?
  • Wat kan ek doen om my verlange te hanteer?
  • Moet ek oorweeg om alles prys te gee om by hulle te gaan woon?

Hierdie is van die vrae wat kundiges sal help beantwoord tydens die kuier en jy sal ook jou wenke en ander vrae kan deel met ouers en grootouers wat die realiteit van emigrasie verstaan.

Ons beplan om die gratis kuieroggend op 7 Desember 2023 te hou. Vul asseblief die onderstaande vorm in, indien jy belangstel om die geleentheid by te woon. Meer inligting volg binnekort.

"*" indicates required fields

Naam en van*
Consent*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest