Leesvordering:

Lekker Suid-Afrikaanse Kersfeesnageregte

Des 10, 2023

Maak nie saak waar in Suid-Afrika jy grootgeword het, of waar jy jouself nou bevind nie; as jy al ’n Kersete hier beleef het, het jy jou trommeldik geëet!

Kersfeesnageregte is amper ’n gereg op sy eie, vandag deel ons so ’n paar gunstelinge en resepte om die huis so bietjie nader aan ons lesers te probeer bring. Aangesien Suid-Afrika ’n Somerkersfees beleef, is ons geneig om eerder koue nageregte voor te sit. Ons gooi wel ons gunsteling- gebakte poedings ook in die mengsel vir dié van julle wat hierdie jaar weer ’n spierwit Kersfees verwag.

1. Koekstruif (“trifle”)

Koekstruif is ’n immergewilde feestydnagereg. Dis ideaal vir wanneer jy baie mense (en min tyd) het.

Ons het koekstruif by die Britte geërf, maar soos dit Suid-Afrikaners betaam het ons dit sommer so na smaak aangepas.

Hiermee ’n aangepaste Swartwoudkoekstruifresep wat jou mond sal laat water: Resep-video: Swartwoud-koekstruif | Maroela Media.

Foto: Michelle Minnaar

2. Gebakte poeding

Wanneer dit by gewilde Suid-Afrikaanse poedings kom, sal malvapoeding en vla (of roomys) seker altyd die heel gewildste bly. Ons het so ’n paar jaar gelede ’n unieke malvapoedingresep gedeel waarin ons Amarula gebruik – vind dit gerus hier: ’n Unieke Kersfeesnagereg – Amarula-malvapoeding – Wêreldwyd (wereldwyd.co.za).

Sagopoeding is ook ’n baie gewilde gebakte poeding, veral as jy dit kombineer met ’n leksel tuisgemaakte appelkooskonfyt. Maroela Media het weer ’n treffer van ’n resep beet, beloer hom hier: Resep: Gebakte sagopoeding | Maroela Media.

3. Roomysrumoer

Roomys kraai koning op ’n warm Somerkersdag! Ons Suid-Afrikaners is baie lief vir hierdie lafenis en ons kombineer dit maklik selfs met gebakte poedings.

Die gewildste kombinasie is seker roomys met sjokoladesous. Hier is ’n lekker tuismaakroomysresep wat jou gaste terug sal lok vir nóg: Resep: Tuisgemaakte roomys met sjokoladesous | Maroela Media. Vervang gerus die Turkse lekkers met Peppermint Crisp of iets uniek om jou eie unieke smaak op te tower.

In Suid-Afrika word ’n vars vrugteslaai ook sommer saam met roomys bedien. Hier kan jy ook jou eie verbeelding volg en met spesifieke kombinasies speel!

Kersfees-cassata is ’n roomysgereg met ’n Kersfeesgeurtjie. Raak kreatief en omskep dit in ’n koekstruif-Kersboom! Lees hier hóé: Cassata-‘trifle’ | Sarie (netwerk24.com).

4. Trefferterte

Die Peppermint Crisptert is seker een van Suid-Afrika se lekkerste skeppings nóg! Smul saam met Maroela met hierdie basiese resep: Resep-video: Peppermint Crisp-tert | Maroela Media. Kikker hom op met kersies vir ’n Kersfeeskleurfees.

Jy kan ook oorweeg om ’n Kerskrans van pavlova te bou om jou Kerstafel behoorlik te tooi. Loer hier vir die resep en ’n bietjie inspirasie: Pavlova-Kerskrans | Sarie (netwerk24.com).

5. Koffiekuierhappies

Kersfeeskuiers hou lekker lank aan! Nog so ’n rukkie ná die nagereg drink almal ’n koppie koffie of boeretroos voor hulle weer huiswaarts keer.

Oorweeg klein dit om klein vrugtekoekies saam met die koffie voor te sit vir die laaste bietjie Kersfeesgeur.

Melktert is altyd ’n goeie, eg Suid-Afrikaanse idee! Bak mini-melktertjies vir die koffie ná die tyd. Hierdie resep is pasgemaak vir jou lugbraaier: Resep-video: Melktert in jou lugbraaier | Maroela Media

 Deel jou foto’s en idees

Maak van hierdie Kersfees weer ’n koskuierfees en deel jou foto’s en idees met ons.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest