Leesvordering:

’n Feesjaar vir Afrikaans – wees deel van die vieringe!

Apr 16, 2024

Op 8 Mei 2025 sal dit presies ’n honderd jaar wees wat Afrikaans al Suid-Afrika se amptelike taal is. Om hierdie besondere mylpaal te herdenk, word ’n feesjaar beplan wat op 8 Mei vanjaar (2024) gaan begin.

Ons wil jou graag nooi om deel van die vieringe te wees. Met die bekendstelling op 8 Mei vanjaar gaan alle deelnemende organisasies, insluitend AfriForum, kort video’s plaas om ons gelukwense oor te dra en ook te sê hoe ons oor ons pragtige moedertaal voel.

Enigeen in die buiteland is welkom om ook so ’n video op te neem en aan AfriForum Wêreldwyd te stuur by wereldwyd@afriforum.co.za. Jou video kan ook aan ons gestuur word deur WeTransfer na wereldwyd@afriforum.co.za.

Die voorskrifte is:

  • Dit moet 30 tot 60 sekondes lank wees – nie langer nie asseblief!
  • Neem dit op namens jouself, jou gesin, ’n organisasie, of net wie julle wil.
  • Moet dit asseblief nie op julle eie sosiale media plaas voor 8 Mei 2024 nie, maar van die 8ste af kan julle dit plaas en Afrikaans 100 merk (“tag”).
  • Geen politieke boodskappe nie, hou asseblief by positiewe gelukwense.
  • Sê ook in watter land julle is wanneer die opname gemaak word.
  • Raak kreatief met julle boodskappe, of wat julle aantrek, of die agtergrond van die video. Die oorspronklikste video sal ’n geskenkbewys ter waarde van R2 000 losslaan!

Deur die loop van die jaar tot 8 Mei 2025 gaan daar nog vele meer opwindende geleenthede wees om Afrikaans se honderd jaar as amptelike taal te vier. AfriForum Wêreldwyd sal julle op hoogte hiervan hou.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest