Leesvordering:

’n Netwerk wat vir jou werk

Apr 12, 2024

Deur Sue-Ann de Wet

Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van eensaamheid en verlange wat dikwels met emigrasie gepaard gaan, te verminder. ’n Sterk netwerk bied sosiale en emosionele ondersteuning, maar ook praktiese hulp en advies in tye van nood.

Vir baie Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, is die grootste uitdaging dikwels nie die fisiese verhuising nie, maar die bou van nuwe verhoudings en die aanpassings wat die nuwe omgewing vereis.

By AfriForum Wêreldwyd het ons reeds in verskeie artikels wenke gegee om die oorgang te vergemaklik deur byvoorbeeld kontak te behou met geliefdes in Suid-Afrika en deur nuwe tale aan te leer. Maar een van die kragtigste hulpmiddels in jou arsenaal is ongetwyfeld die opbou van ’n netwerk wat werklik doeltreffend is.

Handige wenke vir die bou van ’n doeltreffende netwerk

1. Begin met belangstellings en passies

Sluit aan by plaaslike klubs of organisasies. Dit kan enigiets wees van sportklubs en kultuurgroepe tot professionele verenigings wat jou belangstellings weerspieël. Of dit nou sport, kuns, musiek of kook is, hierdie aktiwiteite bied ’n manier om mense met soortgelyke belangstellings te ontmoet.

2. Gebruik sosiale media en aanlyn platforms wys

Platforms soos Facebook-groepe, LinkedIn en Meetup kan wonderlik wees om plaaslike gebeurtenisse te vind of groepe in jou belangstellingsveld te ontdek. Volg ook bladsye en groepe wat verband hou met Suid-Afrikaanse gemeenskappe in jou nuwe land. Selfs die AfriForum Wêreldwyd-netwerk kan jou help om in kontak te kom met ander Suid-Afrikaners in jou omgewing.

3. Woon plaaslike gebeure by

Kultuurfeeste, sportbyeenkomste en gemeenskapsaktiwiteite bied baie geleenthede om mense te ontmoet en verhoudings te bou.

4. Bied jou hulp aan

Deelname aan vrywilligerswerk sal tot jou persoonlike vervulling bydra maar jou ook in kontak bring met mense wat sterk gemeenskapswaardes deel. Deur jou tyd of vaardighede vrywillig aan te bied, kan jy waardevolle verhoudings bou en wys dat jy ’n aktiewe en hulpvaardige lid van die gemeenskap is.

5. Wees eerlik en toeganklik

Soms kan iets eenvoudigs, soos om eerlik en vriendelik te wees, deure open na nuwe vriendskappe.

’n Wenk om te onthou: Behou kontak met Suid-Afrika

Inisiatiewe soos AfriForum Wêreldwyd bied ’n geleentheid om jou wortels in die buiteland te behou. Dit kan jou help om te voel dat jy iewers behoort en dit bied jou ’n netwerk van mense wat jou unieke ervarings verstaan.

Behou ook aktiewe kommunikasie met mense in Suid-Afrika. Dit is belangrik vir jou persoonlike identiteit en welstand. Tegnologie maak dit vandag makliker as ooit om in kontak te bly. Gebruik video-oproepe, sosiale media en ander aanlyn platforms om die bande met jou geboorteland te versterk.

’n Mens kan nie oornag ’n suksesvolle netwerk in ’n nuwe land bou nie; dit verg tyd, geduld, en om doelbewus eie inisiatief te neem. Maar die belonings maak dit die moeite werd. Dit kan die oorgang makliker maak, nuwe geleenthede bied, en verseker dat jy die beste jy kan wees, ongeag waar in die wêreld jy jou bevind. Deur bande te smee met ander en jou wortels te koester, kan jy ’n ondersteuningsnetwerk bou wat werklik vir jou werk.

Ons wil van jou hoor

Hoe lyk jou netwerk? Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Miskien het jy ’n nuttige wenk of twee om te deel. Laat weet ons in die kommentaar of by wereldwyd@afriforum.co.za.

Foto: Getty Images/ Unsplash

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest