Leesvordering:

’n Koninklike, feestelike feesweek

Des 13, 2017

Ons woon baie naby aan Hampton Court-paleis in Londen, die afgelope week het ons die BBC se Good Food’s Festive Feast van 8 tot 10 Desember bygewoon. Ons het ons kersvoorrade aangevul met bederfies wat deur vaklui geskep is – en net betyds vir Kersfees! Wonderlike geskenke vir kosliefhebeers! Ons het die vermaak geniet, asook met kersliedjies en feestelike klassieke musiek deur plaaslike kore saamgesing. Ons is geïnspireer deur die kookdemonstrasies in die Feeskombuis. Ons het ons ook vergaap aan die Tudor-akteurs by dié historiese paleis en die oggenddiens in die kerkie bygewoon, asook ’n orreluitvoering deur Richard Hills. Hoewel die weer Vrydag nog sonnige, dog koud was, het dit Sondag begin sneeu.

“All their life in this world and all their adventures in Narnia had only been the cover and the title page: now at last they were beginning Chapter One of the Great Story which no one on earth has read: which goes on forever: in which every chapter is better than the one before.” CS Lewis

Foto’s: Ronel van Zyl

Hampton Court-paleis is een van die koninklike paleise in Londen wat teen die Teemsrivier lê. Kardinaal Wolsey, een van koning Henry VIII se gunstelinge (hoewel hy later van hoogverraad aangekla is), het dié paleis in 1515 begin bou. Ná Wolsey se val het die koning die paleis vir homself gevat en later vergroot. Hampton Court en die St. James-paleis is die enigste twee paleise van Hendrik VIII wat nog bestaan. Koning George II was die laaste monarg wat die paleis bewoon het.

Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.co.uk

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest