Leesvordering:

’n Mondvol boeke vir die smulpape

Des 6, 2022

“Eet en lees, is twee plesiertjies wat ‘n baie goeie kombinasie maak!– CS Lewis

Een ding wat hand-aan-hand saam met Desembervakansies gaan, is die koekies, koeldrank en ander kaloriebelaaide kos waaraan ons saam met die res van die familie weglê. Ons deel ons gunstelingtitels wat jy saam met alles anders in jou krismiskosrak sal verorber, of natuurlik in iemand anders se Kerskous kan los!

Prentjieboeke

Geniet ’n watertandlekker leeservaring met Jaco Jacobs se prenteboeke! Met prettige illustrasies saam met lieflike stories, kan ons jou verseker dat jou kind se mond gaan water vir storietyd.

Met behulp van Tjoppie, Karamel, Flori en Smiley kan kinders nou leer hoe om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit ’n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer. Elk van die vier boeke bevat ’n QR-kode wat geskandeer kan word vir die oudioboek met voorlesing deur die befaamde en talentvolle Ruda Landman.

Beginnerlesers

Hierdie boekies is ideaal om beginnerlesers se leeservaring soos nagereg te laat proe. Wendy Maartens se Ek lees self-reeks, die bekende Tippie se Leer my lees-reeks en Magriet die stadshoender se prettige avonture is reg om voorgesit te word. 

Kinderboeke

Van maan- en monstermelkskommels tot vreemde disse wat jy eet as jy in ‘n vlieg verander, of met jou fiets om Afrika reis. Hierdie verhale is geskik vir boekvrate van 7 tot 12 jaar. 

‘n Rympie vir elke dag van die jaar deur Jaco Jacobs, of versies en besonderse illustrasies deur Philip de Vos en Piet Grobler, gaan dit vir jou baie moeilik maak om hierdie boeke nie met een hap te verslind nie. 

Tienerboeke

Maak seker jou strandsak is gepak met tienerboeke vir “take-away” op die strand! Geniet verhale deur Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Christien Neser en Frenette van Wyk en gaan op jou eie somervakansie-avontuur.

Luca-titels

Ons Luca-boeke sorg vir geestlike kos met hierdie christelike boeke vir kinders. Wendy Maartens se alles-in-een-joernaal, Jan Vermeulen se dagstukkieboek en An-Mari do Carmo so fiktiewe vertelling van haar ervaring in ‘n kultus, is ondermeer op ons Kerslysie. 

The Very Hungry Caterpillar’s First Encyclopedia

The Very Hungry Caterpillar’s First Encyclopedia

Take part in an amazing journey of discovery with the Very Hungry Caterpillar and learn fascinating facts about everything from science and space to animals and dinosaurs.

Ludo Board Game Animals

With beautifully illustrated safari animals on a colourful board, this game and book set is the perfect introduction to board games. 

Middle School 15: Winter Blunderland

Things heat up at Hills Village Middle School when Rafe gets an invitation from Dr. Daria Deerwin to join a research study on polar bears. How many times in life do you get a chance to come face-to-face with a real polar bear in the wild? Rafe is ready to find out! 

Vampire Academy

St Vladimir’s Academy isn’t just any boarding school – hidden away, it’s a place where vampires are educated in the ways of magic and half-human teens train to protect them.

Onthou asseblief, LAPA Uitgewers se store sal van 15 Desember tot 2 Januarie gesluit wees  plaas dus bestellings vir gedrukte boeke voor 15 Desember. Alle ander bestellings sal eers teen 3 Januarie 2023 versend word.

E-boeke is natuurlik altyd beskikbaar!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest