Leesvordering:

ʼn Opwindende Oktober wat wag

Okt 6, 2021

Die mooiste, mooiste maand!
Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand.
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke, die hemel heerlik bo,
met boeke op jul skote, en sterre in jul oë!

Vir die kleinspan

Ons het twee lieflike prenteboeke vir die klein lesertjies dié maand.
Die opvolg van Bianca Flanders se wegholtreffer, Prinses Pampoenpit, beloof om weereens baie kinderharte te steel. In Pampoenpit se groen gevoel moet liewe Pampoenpit leer hoe om jaloesie te hanteer, maar dis g’n maklike taak nie. Gelukkig is haar ouma byderhand met goeie raad: Vind jou omgee, wanneer jy ‘n groen gevoel kry! Zinelda McDonald is verantwoordelik vir die pragtige illustrasies.

Koop nou Prinses Pampoenpit (en ook die Engelse weergawe, Pumpkin finds her queen ) teen 15%-afslag!

Klik hier om Bianca Flanders se boeke te bekyk

Nog ’n illustreerder wie se prentjies jou kind gaan betower, is Shanay Olivier se wonderlike werk in Wendy Maartens se Donkie se lang pad dorp toe. Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale met waardevolle lewenswyshede wat vir kinders wys hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word.

Klik hier om meer te lees oor Donkie se lang pad dorp toe

 

        Ons gunstelingolifant praat nou selfs méér tale!

Tippie die olifant gaan van krag-tot-krag. Ons is baie opgewonde oor die Vlak R-/ Level R-boekstelle wat die maand verskyn! Maar dis nie al nie, ons is besig om die leesreeks uit te brei en die eerste boekpakke in isiXhosa en isiZoeloe is ook nou op die rak. Vir meer inligting oor die nuwe boeke, gaan loer gerus na die katalogus. Vir grootmaatbestellings of navrae oor die Tippie-mascot, kontak asseblief vir Helene (hdekock@penguinrandomhouse.co.za) of Hannes (hbarnard@penguinrandomhouse.co.za).

 

Vir die laerskoolleerders

Ewald Eloff is die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Doodskreet van die dino’s is die vierde boek in hierdie aksiebelaaide reeks, waarvan daar al meer as 10 000 kopieë verkoop het. Lesertjies van so 9+ sal hierdie boeke ongelooflik baie geniet!
Die eerste drie boeke in die reeks, Operasie Sabotasie, Nag van grille en Onheil op Skedelbaai, kan nou teen 15%-afslag op ons webwerf gekoop word.

Klik hier om meer te lees oor die “Aksieheld Austin”-reeks

 

En as jy bietjie ouer is …

Hannes Barnard se Wolk, wat in 2020 verskyn het, is onlangs vir ‘n kykNET-Rapportprys in die fliekafdeling benoem. Dit vertel die verhaal van twee vriende, Rufus en Xandr, se heel laaste hoera voor Rufus en haar gesin emigreer. Maar, dinge verloop nie heeltemal soos wat hulle dit beplan het nie … Daar’s ‘n grot, ‘n hond genaamd Flip, ‘n boef en ‘n lewensbedreigende wolk.
Die tweede boek in die trilogie, Roet, hervat die storie waar dit laas geëindig het, maar die slag moet jy jou sitplekgordel styf vasmaak, want hierdie roadtrip is ‘n helse avontuur! #disingewikkeld

Klik hier om meer te lees oor “Wolk” en “Roet

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest