Leesvordering:

Natuurhoekie – Vetplantfeetjies

Okt 7, 2022

Deur Alana Bailey

Die grootste verskeidenheid vetplantspesies op aarde word in Suid-Afrika aangetref, naamlik meer as 4 700 verskillende soorte. Dit wissel van reuse boomaalwyne tot piepklein plantjies wat in uiteenlopende habitatte onder uiterste toestande gedy.

’n Pragtige en prettige nuwe publikasie van Penguin Random House Suid-Afrika stel van die besondere plante aan jonk tot oud bekend.

Vetplantfeetjies is ’n versameling verse en illustrasies oor inheemse vetplante wat ook feetjies is, soortgelyk aan ’n vorige publikasie, Fynbosfeetjies. Antjie Krog en Ingrid de Kok het die digwerk gedoen en Fiona Moodie het vir die kunswerk gesorg. Die plante se volksname word gebruik, maar die wetenskaplike name word ook aangedui. Die boek is in Afrikaans en Engels beskikbaar en sal groot vreugde aan enige liefhebber van die besondere plante gee.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest