Leesvordering:

NAWEEK NADINK: Maak jou kop en gemoed ligter in 2018

Jan 25, 2018

Eerstens wil ek jou en jou geliefdes ’n voorspoedige 2018 toewens!

Wat Januarie vir my altyd spesiaal maak (ten spyte van ’n bloedbelope banksaldo), is die geleentheid om weer oor te begin. ’n Geleentheid om op terreine in my lewe en besigheid te fokus wat ek dalk afgeskeep het en natuurlik te bou op die goeie gewoontes en resultate van die vorige jaar.

Januarie is natuurlik ook die maand waarin ek Klipkouers se podsendprogram geloods het. Verlede week het ek die tweede verjaarsdag van die potsend gevier!  Ek het die potsend op Maandag, 18 Januarie 2016 met my eerste TV-onderhoud op Die GROOT Ontbyt geloods, asook my eerste potsendonderhoud met die rugbylegende en koffiekoning Kobus Wiese.

Dankie weereens vir jou ondersteuning tot dusver. Jy gee my moed om te volhard in hierdie jong, opwindende en vreemde digitale medium. Ek het groot planne vir die jaar, so hou asseblief hierdie spasie dop!

Wat die jaar vir my en my familie ekstra spesiaal maak, is ons terugkeer na Suid-Afrika ná 14 jaar in Ingils-land. Ons sit Februarie voet aan wal en is baie opgewonde om weer in ons land en tussen ons mense en kultuur te wees. Ek wil glo dat dit vir die meeste Suid-Afrikaners hoop sal gee dat ons Suid-Afrika nog steeds vrywillig kies, ten spyte van al sy groot uitdagings en mense wat emigreer. Die ligpuntjie is dat hierdie uitdagings juis vernuwing afdwing – wat baie goeie nuus vir die land is.

Dit is dan juis gedurende hierdie oppaktyd wat ek opnuut besef hoe baie onnodige gemors mens opgaar, maar meer belangrik, hoe al dié materiële goeters kop en emosionele spasie steel. Hoe kaler die huis word, hoe ligter begin ek voel … Ek dink die goeie gevoel het ook te make met die feit dat ons heelwat goed weggee en ons weet mos dis lekkerder om te gee as om te ontvang. Die grootse verrassing is dat ek nog niks mis nie!

Mag Januarie en Februarie vir jou die geleentheid bied om letterlik en figuurlik ’n bietjie jou huis en kop te spring-clean. Mag jy ligter wees om vinniger te kan hardloop … in die regte rigting, natuurlik.

Hou, bene, hou!

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest