Leesvordering:

Nuus vir almal wat buite die landsgrense gestrand is

Mei 8, 2020

Op 6 Mei 2020 het AfriForum ’n belangrike oorwinning behaal toe die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria beslis het dat die Zithabeseni-kwarantynkamp waar meer as ’n honderd mense aangehou is, onmiddellik gesluit moes word.  Die saak het spesifiek oor dié kamp en die mense wat toe daar in aanhouding was, gehandel.

Die hofbevel is van betekenis vir alle Suid-Afrikaners wat na die land wil terugkeer. Dit maak dit naamlik makliker vir hulle om op ordentlike kwarantynomstandighede (wat minstens aan die WGO se standaarde beantwoord) aanspraak te maak, op toetsing wat so gou as moontlik plaasvind en baan ook die weg vir regsaksie om aan hulle die keuse van kwarantyn in ’n staatsfasiliteit, of self-isolasie te bied.

Tans bied die hofbevel nog nie enige reg op die systap van kwarantynmaatreëls nie en waarborg ook nie toetsing of die reg op self-isolasie nie. AfriForum is dus besig met regsaksie in die verband en sal die publiek deur ons sosiale mediakanale oor ons vordering ingelig hou.

Ons het die grootste simpatie met Suid-Afrikaners wat buite die grense gestrand is, maar dit is nie in AfriForum se vermoë om met reisreëlings behulpsaam te wees nie.  Dit is ’n humanitêre proses wat deur die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIRCO) gefasiliteer word en almal wat steeds buite die grense is en na die land wil terugkeer, moet deurlopend met DIRCO kontak hou.  Die kontakbesonderhede van die beheersentrum wat die skakeling koördineer, is +27 12 351 1754; +27 12 351 1756; Cicc1@dirco.gov.za; of Cicc2@dirco.gov.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest