Leesvordering:

Nuut by LAPA in Mei

Mei 7, 2020

Mei goeiste, beste boekwinkel!

LAPA vra dat al ons lesers hulle plaaslike boekwinkels sal ondersteun. Boekwinkels het jou nodig. Talle van hulle is vir beperkte ure oop, maar die meeste sal per telefoon of e-pos groot moeite doen om boeke op te spoor, baie sal selfs aflewer.

Ons hou ook aan om e-boeke in die mark te stoot, so ondersteun asseblief die skrywers as jy nie kan wag nie, maar onthou jy kan hierdie boeke nou al bestel en jou winkel sal hulle kry wanneer die drukkers weer boeke lewer.

Daar is een uitsondering: Didi Potgieter se stomende, sissende e-rotika is tans net as e-boek te koop.

FIKSIE

Die opstand van Poppie Nel

Hans du Plessis

Algemene fiksie

ISBN: 9780799399899 (Papierboek, nog nie gelewer nie)

Te koop as e-boek: https://bit.ly/2YGlWGf

Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie.

Dit lyk of sy nie wil nie – nie wil praat of opstaan nie.

Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar, maar hy het nou hierdie herderlike plig, so dan moet dit maar.

Só ontvou Poppie se verhaal, sy vertel vir Lukas van ’n pastoor wat openbarings kry, hoe die pastoor haar misbruik en hoe haar gesin, veral haar ma, medepligtig is.

Die boek slaan die hart hard, maar Lukas berei teen die einde ’n preek oor die liefde voor, want om te praat bring albei nader aan mekaar.

’n Huis vir altyd

Cecilia Nortjé

Fiksie

ISBN: 9780799399929 (Papierboek, nog nie gelewer nie)

Te koop as e-boek: https://lapa.co.za/eboeke/fiksie/n-huis-vir-altyd-eboek

Ná Milan se man sterf in ’n vliegongeluk, moet sy haar rykdom en lewe in Sandton vaarwel roep. Haar eggenoot het hul geld verkwis en die skuldeisers eis alles op. Al wat sy vir ’n erflating oorhou, is haar man se tant Corrie se huis op Vaalkrans.

Die klein dorpie is vir haar ’n groot aanpassing. Alles is anders. Haar bure loer tydig en ontydig in. Die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge pla haar, maar dan sien sy hoe hulle omgee vir mekaar én vir haar.

Haar geldsake is beroerd, maar soos sy haar voete vind en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik weer leef, werklik lééf.

Hierdie roman is sielskos vir moeë, ingeperkte mense.

Skadumagte

Malene Breytenbach

Spanning

ISBN: 9780799396058 (Papierboek, nog nie gelewer nie)

Te koop as e-boek: https://lapa.co.za/eboeke/fiksie/skadumagte-eboek

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord op ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie, wraak en intimidasie. Iemand fnuik of wreek plaasmoorde. Dit lei tot meer bloed.

Die regter se weduwee word ook bedreig en moet beskerm word. Die man wat sy as haar veiligheidswag aanstel, is ’n oud-Recce. Het hy iets met die moord op die regter te doen?

Perke

Didi Potgieter

e-Rotika

ISBN:  9780639600390 (e-Boek)

e-Boek: https://lapa.co.za/catalog/product/view/id/4616/s/perke-eboek/

’n Onwaarskynlike paartjie beland onder een dak tydens inperking:  Gerbrandt boer in die Noord-Kaap, Landi is ’n model wat op internasionale voorblaaie pryk.

Toe Landi die deur oopmaak, staan Gerbrandt voor haar. Die laaste sluk whisky talm nog agter in haar keel. Net een tree, dit is al wat sy hoef te gee, toe is haar hande om sy nek. Sy mond is hard en honger en dit maak haar binneste warmer as die whisky. Sy hande is grof oor haar rug toe dit onder haar hemp ingaan.

“Jy proe soos whisky,” sê hy uitasem.

Sy lig haar ken en vou haar arms oor haar bors. “Dit is darem goeie whisky,” antwoord sy.

Hierdie boek is nie vir jong of preutse lesers bedoel nie. Die sekstonele gaan soos goeie whisky jou lyf warm maak.

NIEFIKSIE

Help! My kind is anders

Christien Neser

Opvoedkundige selfhelpboek

ISBN: 9780799396294 (Papierboek sal binnekort gelewer word)

Te koop as e-boek: https://lapa.co.za/help-my-kind-is-anders-eboek

Hoe kan jy jou anderster kind ’n ‘A+’-kind te maak?

Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hulle hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed hulle is op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hulle ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? Wat as daar leerprobleme of angs is?

In Help! My kind is anders beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel.

Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? Waar begin ’n mens as jy dink daar is fout?

In  boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop.

KINDERBOEKE

Halala Job Maseko

Wendy Maartens

Illustrator: Linki Brand

ISBN: 9780799398847 (Paper book, not delivered yet)

For sale as e-book: https://bit.ly/2WwYYij

Wendy Maartens deel stories oor ons vergete helde. Hierdie boek is ook in Afrikaans beskikbaar as Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo.

Die klein boekies met baie inligting

Het jy geweet muskiete is van die dodelikste diere op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie?

Leer meer fantastiese feite oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte. Verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet.

Hierdie splinternuwe reeks deur die geliefde kinderboekskrywer Fanie Viljoen bestaan uit vier boeke. Een bevat fantastiese feite, ’n tweede gruwelike geheime en onopgeloste raaisels, ’n derde vertel oor katastrofiese kattekwaad en lekker poetse en die vierde een bevat reuserekords van alle soorte.

 

Die klein boek van fantastiese feite

ISBN: 9780799389340 (Papierboek, nog nie gelewer nie)

Te koop as e-boek: https://bit.ly/3dygOIP

 

Die klein boek van gruwelike geheime

9780799389463 (Papierboek, nog nie gelewer nie)

Te koop as e-boek: https://bit.ly/2YQtl6j

 

Die klein boek van katastrofiese kattekwaad

9780799389784 (Papierboek, nog nie gelewer nie)

Te koop as e-boek: https://bit.ly/35CnFhm

 

Die klein boek van reuserekords

ISBN: 9780799391282 (Papierboek, nog nie gelewer nie)

Te koop as e-boek: https://bit.ly/2Wz8W2C

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest