Leesvordering:

NUUT: Die Christen en sy werk: Etiese aspekte in die werkplek

Mar 3, 2022

 “Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie.”

Dié woorde uit die wet van God, soos opgeteken in Eksodus 20, is baie bekend aan Christene. Hoewel dié gebod vereis dat ’n mens nie op die Sabbat mag werk nie, bevat dit ook ’n belangrike opdrag aan die gelowige, naamlik om wel ses dae lank te werk. In Die Christen en sy werk: Etiese aspekte in die werkplek (onder redaksie van Wikus Buys en Paul Maritz) ondersoek 15 verskillende skrywers uit uiteenlopende agtergronde en beroepe die kwessie van werk en watter lesse daaroor uit die Bybel geput kan word.

Oordink gelowiges regtig wat “werk” binne ’n geloofskonteks beteken? Wat is die verband tussen werk en identiteit? Watter riglyne bied die Bybel ten opsigte van rus, mededinging in die werkplek en werkverslawing? Die Christen en sy werk: Etiese aspekte in die werkplek ondersoek die besondere band wat tussen die Christen en sy werk bestaan op beide filosofiese en praktiese vlak.

Medewerkers sluit onder andere in Flip Buys, Dirk Hermann, Hannes Noëth, Marisa Engelbrecht, Victor d’Assonville, Henk Stoker en Michael Heyns. Die Christen en sy werk: Etiese aspekte in die werkplek is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R190. Besoek Kraal se veilige aanlyn winkel vir meer inligting.

LEES OOK: Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 deur Jackie Grobler

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest