Leesvordering:

Die groener gras in Afrika

Mar 3, 2022

Die Napoleontiese oorloë van die vroeë 1800’s het tot ’n skerp toename in werkloosheid in Brittanje gelei en sukkelende Britte na ’n ander heenkome laat smag. As deel van ’n emigrasieplan het die Britse regering ’n rooskleurige toekoms in Afrika aan hoopvolle Britte verkoop – ’n plan én droom wat deur duisende Britte aangegryp is. 

Volgens die historici Hermann Giliomee en Bernard Mbenga het die Britse regering in Engeland ’n toelaag van £50 000 goedgekeur aan individue wat bereid was om na die Kaap te emigreer. Sowat 80 000 mense het hiervoor aansoek gedoen en tussen April en Junie 1820 het nagenoeg 4 000 Britse setlaars hulle aan die destydse oosgrens van die Kaapkolonie gevestig.

Die eerste groep setlaars het op 17 Maart 1820, vandeesmaand 202 jaar gelede, aan boord van die Nautilus en Chapman in Tafelbaai aangekom. Hierdié twee skepe het onderskeidelik op 5 Desember en 9 Desember 1819 uit Engeland vertrek met nagenoeg 470 mense.

Giliomee en Mbenga skryf:

Verreweg die meeste van die setlaars was nóg mense met besittings nóg armlastiges; hulle was gerespekteerde individue met taamlike finansiële middele, maar sonder die nodige kapitaal om op hul eie ondernemings te begin. Hulle was nie plattelanders nie. Die helfte was stedelike vaklui, en was beslis nie van plan om op die landelike kleinhoewes waar hulle aanvanklik gevestig is, te bly nie. Omdat baie van hulle geen bestaan as boere aan die Kaapse oosgrens kon maak nie, het hulle sommer gou tot die handel en vervaardiging toegetree.

Die lewe vir Britse setlaars was egter allesbehalwe maklik. Charles Thompson skryf in ’n resensie op Netwerk24 oor die boek Roughing it: 1820 settlers in their own words deur Ralph Goldswain (’n direkte nasaat van ’n bekende 1820-setlaar) soos volg oor die lewe van dié nuwelinge wat aan die suidpunt van Afrika ’n lewe vir hulle kom uitkap het:

Afrika het dié setlaars geen uitdaging gespaar nie. Daar was korrupte politici met verskuilde agendas, plaasmoorde, natuurrampe en wydverspreide armoede. Met party setlaars het dit so sleg gegaan dat hulle in grotte gewoon het, kaal moes rondloop en op niks meer nie as ’n paar mielies moes oorleef.

Is jy moontlik ’n nasaat van die 1820 Setlaars? Besoek gerus hierdie databasis vir meer inligting oor families wat deel van hierdie groep immigrante gevorm het.

LEES OOK: Vyf feite oor die Retief-moorde wat jy NIE geweet het nie

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest