Leesvordering:

Onderneming in die Kollig : Brighten Accountants

Mar 9, 2022

Brighten Accountants bied topgehaltediens aan kliënte regoor Australië, deur van innoverende wolktegnologie gebruik te maak om met toewyding die beste rekeningkundige en belastingoplossings aan elke kliënt te bied. Ons kliënte bestaan uit individue, vennootskappe, trusts, maatskappye en selfbestuurde superfondse uit die konstruksie-, gesondheids-, ambags-, myn-, landbou-, eiendomsbeleggings- en konsultasiebedryf.

Brighten Accountants is deur Tascha Breytenbach op die been gebring. Sy het haar Baccalaureus in Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria in Suid-Afrika verwerf en haar honneurs aan Unisa (die Universiteit van Suid-Afrika) voltooi.

Nadat sy in 2016 na Australië verhuis het, het sy aan die University of the Sunshine Coast gestudeer om as ’n belastingagent in Australië te kan registreer. Sy het ook vir drie jaar by verskeie plaaslike boekhoupraktyke aan die Sunshine Coast gewerk. In 2019 het sy haar eie praktyk, Brighten Accountants, begin.

Brighten Accountants is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

LEES OOK: Onderneming in die Kollig: Herklink

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest