Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Charl Fourie – Kliniese Sielkundige by Windsor Allied Health

Des 5, 2023

Dié week se kollig val op Charl Fourie – kliniese sielkundige en direkteur by Windsor Allied Health, in Australië. Windsor Allied Health is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Charl Fourie en Windsor Allied Health:

Charl Fourie is ’n kliniese sielkundige by Windsor Allied Health, met meer as 20 jaar se ondervinding.

Die hooffokusareas van die praktyk is om ’n evaluerings- en intervensiediens te bied aan kinders wat sukkel met neuro-ontwikkelingsversteurings (aandaggebreks-/hiperaktiwiteitsversteurings, outismespektrumversteurings, spesifieke leerversteurings en motorversteurings), ontwrigtende gedragsversteurings (opposisie-uitdagende versteuring en gedragsversteuring), angsversteurings, gemoedsversteurings (depressie) en ander emosionele probleme.

Hy het sy Meestersgraad in Sielkunde, is ’n lid van die Australian Psychological Society (APS) en geregistreer by die Australian Health Practitioner Regulation Agency.

As ’n lid van die APS College of Clinical Psychologists, het Charl in sowel die staats- en privaat sektor gewerk en het hy op universiteitsvlak verskeie werkswinkels en ’n internasionale konferensie aangebied.

Hy werk met deernis en begrip met elke individu om te help om op hul sterk punte voort te bou en die persoonlik groei te bereik waartoe hulle hul verbind het.  

Buiten werk, geniet Charl dit om skaak te speel en tyd saam met sy familie te spandeer.

Charl Fourie is ’n kliniese sielkundige en direkteur by Windsor Allied Health.

Windsor Allied Health werk met kinders, adolessente en volwassenes rondom Noord-Tasmanië.

Ons werk met kinders, adolessente en volwassenes met ’n wye reeks emosionele en gedragsprobleme. Ons dienste strek van evaluerings tot terapie in ’n gemaklike en ondersteunende atmosfeer. Ons het geleefde ervaring en fokus daarop om individue te help om te verstaan hoe neuro-ontwikkelingsprobleme werk.

Windsor Allied Health is hoogs gemotiveerd om oplossings vir elke individu en familiesituasie te vind.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Windsor Allied Health

Klik hier om Windsor Allied Health se webtuiste te besoek.

Klik hier om Windsor Allied Health op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest