Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Flick Fingerboards UK

Nov 22, 2022

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Flick Fingerboards in die Verenigde Koninkryk.

Ek en my man is oorspronklik van Suid-Afrika en woon al langer as 16 jaar in die Verenigde Koninkryk.

Een van die dinge wat ek hier in die VK gemis het van Suid-Afrika, was die geliefde bordspeletjie Vingerbord. Dit is ’n speletjie wat ons in die tagtigerjare as kinders gespeel het. Ek onthou die meeste gesinne het nie so ’n speletjie gehad nie en ons gesin ook nie. So, as ons by iemand gekuier het wat ’n bord gehad het (ons het geweet wie) het ons gevra dat die Vingerbord uitgehaal word sodat ons kon speel. En hét ons gespeel!

Vir so lank as wat ek kan onthou, het ek probeer om ’n ordentlike Vingerbord aan te koop – soos die waarmee ons as kinders gespeel het. Ons het toe begin om self een te maak deur ons eie navorsing te doen – met ’n paar probeerslae en skaafwerk het ons dit in ’n bord omskep wat ons sou wou koop. Nadat ons ons eie bord gemaak het, was daar baie belangstelling van vriende om dit kommersieel beskikbaar te maak en net so is Flick gebore. Ons wou dit toeganklik maak vir families in die VK en Europa.  

Vir die wat nie weet hoe die speletjie werk nie – die beginsel van Vingerbord is eenvoudig, wat beteken dat selfs die jongste gesinslede saam kan speel. Die bord lyk amper soos potspel (Engels: “pool”). Net soos ’n potspeltafel is daar ook holtes. Die skietskyfies (Engels: “shooter discs”) word op dieselfde manier ingespan as ’n stootbal (Engels: “cue ball”). Spelers maak beurte om die skietskyfie te skiet om hul span se kleur skyfies in te skiet. Die eerste speler/span wat dit regkry om al hul kleurskyfies in te skiet, en daarna die blou skyfie, wen die speletjie.

Ek en my man werk in ons vrye tyd aan hierdie borde en ons maak dit self van begin tot einde met liefde. Dit is dus glad nie iets wat ons in grootmaat vervaardig nie. Elke bord word met baie sorg, aandag en tyd gemaak deur van net die beste materiale gebruik te maak. Omdat dit handgemaak is, voel elke bord organies en het sy eie unieke karakter. Ons maak selfs die speelstukkies self, aangesien dit nie in die VK te koop is nie.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die AfriForum Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings en kontakpunte.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Watter bordspeletjies laat jou aan die huis dink? Speel jy en jou gesin nog bordspeletjies? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest