Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Harrie’s Pancakes Dubai

Jun 13, 2022

Suid-Afrikaanse pannekoeke – ’n tradisie van aangename herinneringe en vakansienostalgie

Harrie’s Pancakes Dubai wil die oorspronklike Harrie’s-eetervaring na die multikulturele toneel van die VAE uitbrei. Harrie’s Pancakes sal altyd ’n spesiale plek hê in die harte van baie Suid-Afrikaners wat vakansie hou, en ons wil daardie goeie herinneringe deel van die koservaring in die VAE maak. Omdat ons al 35 jaar lank bestaan, verseker dit ’n bekende en vertroostende ervaring vir ons gaste, met hier en daar ’n interessante variasie op een van die ou bekende geregte.

Die eerste internasionale tak van Harrie’s Pancakes in die hart van die Dubai Marina is gerieflik geleë aan die basis van die Bay Central Towers op die Marina Walk. Persoonlike parkering (“valet parking”) is beskikbaar vir Harrie’s Pancakes-gaste by die InterContinental Hotel Dubai Marina teen die verlaagde prys van 15 AED.

Harrie’s Pancakes Dubai is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest