Leesvordering:

Vir altyd is vir altyd

Jun 13, 2022

Deur Maxie Heppell

Openbaring is skrikwekend.  Nie (net) omdat die beelde soos iets uit ’n Hollywood-bangmaker se diepste verbeelding mag voorkom nie, maar ook omdat dit soms so onverstaanbaar intimiderend lyk vir ‘gewone’ kinders van die Here.

Vanoggend is ons herinner deur ’n passievolle jong Luke Owen-Jones hoe geweldig intiem-eenvoudig Johannes die boek begin.  Openbaring 101, kan mense sê.  Die basiese boublokke van die storie wat hier ontvou.  En wanneer jy dít in gedagte hou, dan maak die res soveel meer sin.

“May kindness and peace
be yours
from Jesus Christ,
the faithful witness.

Jesus was the first
to conquer death,
and He is the ruler
of all earthly kings.
Christ loves us,
and by His blood
He set us free
from our sins.

He lets us rule as kings
and serve God His Father
as priests.

To Him be glory and power
forever and ever!”
Revelation 1:5,6 CEV

Die hele Johnny Depp/Amber Heard debakel het ’n  mens nogal nuwe insig kom gee in die term ‘faithful witness.’  Luke verduidelik hoedat sy klein dogtertjie nog op die ‘faithful witness’ stadium is.  As hy in die kamer inkom en die ander sussie huil en hy vra haar hoekom, sal sy sommer reguit erken dat dit is omdat sy haar sussie se hare getrek het, of haar pop gevat het.  Sy besef nog nie dat sy ander keuse het as om ‘faithful’ te wees nie.

Iets wat ons heeltemal te vinnig verleer.
Nog iets wat ons meer soos Christus kan maak.

Dan vertel Johannes van Jesus wat die eerste was om op te staan uit die dood. 
“Is nie!”, praat my binne-stem in die diens vanoggend.
“Wat van Jaïrus se dogtertjie, en Lasarus? En al die baie ander waarvan ’n  mens lees in die Bybel?”

Maar hulle het almal wéér gesterf.
Net Jesus het nie.
Sy opstanding het die finaliteit van die dood finaal oorwin.
Dít is die verskil.

Hy heers.
Hy het geheers, ook toe die wiele afgeval het.
Hy sal altyd heers, al val die wiele weer af.

Hy het ons lief.
Het het ons van altyd af liefgehad, selfs toe ons nie lieflik was nie.
Hy sal ons tot in ewigheid liefhê, selfs al sal ons soms nie lieflik wees nie.

Hy maak ons vry.
Hy het ons vrygemaak van al die bande van foute uit die verlede.
Hy sal ons vrymaak van al die bande van foute in die toekoms.

Maar dan kom hy by óns deel van draaiboek.

Hy laat ons heers.
Hy laat ons dien.

Beide is voorregte. Onverdiend.
Beide is opdragte. En weeg ewe veel.

En daarom… Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag vir altyd en altyd, amen!

Jou inspirasie vir die week: God is in the story

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest