Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Ira van der Merwe Art

Jun 7, 2022

Die Suid-Afrikaans-gebore kunstenaar Ira van der Merwe is ’n vrou wat baie stories het om te vertel. Sy is die verpersoonliking van kreatiwiteit en opleiding, sy lewe daarvoor om te leer, te bemoedig, te skep en dinge nuwe lewe te gee.

Nadat sy in 2002 haar eerste kwalifikasie in Kunsopvoeding aan die Universiteit van Pretoria behaal het, het Ira ’n beroep in kunsonderwys nagevolg en in 2012 haar honneursgraad in Kunsgeskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Sy het ’n paar jaar as kunsonderwyser by Willow Ridge High deurgebring en sedertdien elke moontlike geleentheid opgeraap om hetsy as vrywilliger of werkgewer, te leer, te help en te fasiliteer.

Die meeste van haar avonture en stories het hul oorsprong daarin dat sy half-Nederlands is en getroud is met ’n ingenieur-cum-akademikus wat al in meer as een land gewerk het. Sy trotseer die uitdagings van die ekspatlewe dapper met ’n sin vir humor en ’n positiewe houding.

Ira van der Merwe Art is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Die Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Tans beskik die Wêreldgids oor meer as 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Netwerke is meer as net ondernemings; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest